Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Swemstrande oor die algemeen skoon vanaf Mosselbaai tot by Hartenbos en daar is steeds wynkelders wat besoek kan word in die omtrek."
"Verstaan nou waarom dit so 'n gewilde area is. Pragtige dorp met vriendelike mense en so skoon."
"Te veel mooi plekke om te besoek in 7 dae, daarom gaan ons weer boek. Hierdie was die tweede vakansie daar in 5 maande. Daar is beslis nog plekke wat ons daar wil besoek."
"Lekker plek om vakansie te hou. Ons was daar buite seisoen maar dit kan egter heeltemal anders wees in hoë seisoen."
"Die diens by restaurante is maar stadig, ons weet nie hoe gaan dit in die vakansietye nie."
"If you are looking for a break from the city rush, then this is one of the places for you, people are friendly and accommodating."
"Struisbaai has it all - beaches, fishing, good restaurants, hiking, etc. - all in a friendly atmosphere."
"Bly uit die hoofstad wat baie besig is en bly liewer in die voorstede. Die kasteel was verwaarloos en ONS kon geen veilige parkeerplek naby vind nie. Die meeste goed soos die kabelspoor was gesluit as gevolg van Covid.. Die Green Square-mark bestaan nie meer nie. In kort, lekker om die strande en wandelpaaie te beleef, maar bly uit die stad wat onveilig en besig is met al die eenrigting rylane."
"’n Besoek aan Montagu is 'n moet - dit is een van die mooiste dorpies in die Klein Karoo. Die berge is asemrowend mooi en die varsheid van die omgewing het 'n kalmerende invloed op enige besoeker en inwoner."
"Ons kan eintlik niks wegvat van Clanwilliam nie, want dis ’n warm plek en lekker vir swem."
"Dis 'n baie vriendelike dorpie waar almal mekaar groet. Ons hele vakansie was 'n goeie ervaring."
"Conveniently placed supermarkets. Can enjoy fresh produce daily. St Helena quant and beautiful."