Successfully reported

LekkeSlaap blog

Vakansie in die Vrystaat? Maak ’n draai by dié dorpe!

As ’n mens aan die Vrystaat dink, dink jy miskien aan mooi meisies, mooi mielies en Bloemfontein, maar min van ons dink aan vakansie. Dit is tog te jammer, want wat die Vrystaat tekort skiet deur nie ’n grens met die see te deel nie, maak hy voor op met sy oulike dorpe, gasvrye mense, […]

Op reis deur die Oos-Kaap

Die Oos-Kaap is ’n provinsie van uiterstes: van droë, warm somers in die Karoo tot sneeubedekte winters in die Hooglande, en van digte inheemse woude in die Tsitsikamma tot die groot, oop vlaktes van Camdeboo Nasionale Park. Somersdae langs die Sonskynkus word met ’n nagwildrit in die Kariega Wildreservaat afgesluit, terwyl die Wildekus se dramatiese […]

11 spa-wegbreke vir ’n groep 

Die jaar is amper op sy rug en dis dus tyd om ’n welverdiende blaaskans te neem. Hoe klink ’n wegbreek saam met jou vriende waar strelende musiek in die agtergrond speel terwyl die aroma-olies jou besige realiteit na stilte bring? Hierdie spa-wegbreke is die perfekte geleentheid vir julle om weer op te vang en […]

Kom braai hiér

Suid-Afrikaners is oor die algemeen lief vir braai, maar in Septembermaand brand die vlamme ekstra hoog! Erfenisdag word al vir jare lank om lekker braaivleisvure gevier, en LekkeSlaap nooi jou om hierdie Erfenismaand saam met jou geliefdes by een van dié braaiplekke in ons ongelooflike land te kuier.  Bushwillow Private Villa Hoedspruit ’n Bosveldvuur het […]

27 vakansieplekke met ’n Jacuzzi

Die goeie ou Jacuzzi bly een van die mees gesogte geriewe onder vakansiegangers. Daarom het LekkeSlaap ’n behoorlike lys van lekke blyplekke saamgestel waar jy in ’n Jacuzzi kan sit en ontspan.

Draai af na Riversdal ─ hier is baie om te doen!

Riversdal is vir baie mense net ’n naam op ’n bord langs die N2, maar dié dorpie is ’n versteekte juweel wat vir geen verkenner terugstaan nie. Die dorpie vorm deel van die Hessequa-streek wat van die Breederivier in die weste na die Gouritsrivier in die ooste en vanaf die Langeberge agter Riversdal tot by […]

Wat gaan aan in Wupperthal?

Nadat Wupperthal, die historiese sendingstasie diep in die Cederberg, op 30 Desember 2018 deur ’n reusebrand verwoes is, was daar nie veel hoop vir die voortbestaan van dié afgeleë nedersetting nie. Ná nuus van die brand, is die hartseer lot van nóg ’n Suid-Afrikaanse kultuurbaken in die media betreur.  Maar Wupperthal het so te sê […]

Sprokiesagtige tuinkothuise in die Wes-Kaap

Het jy as kind ook soms gedink jy hoor kabouters in die tuin sing? Dan sal hierdie volgende paar wegbreekvoorstelle vir jou baie geluk bring! Lente is om die draai en tuine word binnekort met ’n kleurvolle blompalet versier. LekkeSlaap het ’n paar bekoorlike tuinkothuise, wat op jou volgende wegbreeklysie moet wees, in die Wes-Kaap […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang