Successfully reported

LekkeSlaap blog

LekkeSlapers se top-10 blyplekke

Ons is mal daaroor om van ons mooiste plekkies op ons Facebook-blad te deel en te sien van watter vakansieplekke julle die meeste hou! In dié blog wys ons vir julle die top-10 blyplekke waaroor LekkeSlapers die afgelope jaar die meeste op ons Facebook-blad gegons het. 10. Sea Castle 2, Paternoster Ons skop ons lysie […]

Ons sal altyd Parys hê! Pret en prag in die Vrystaat se lieflingdorpie

Aan die oewer van die Vaalrivier skuil dié klein, maar alles behalwe stil, toerismedorpie. Parys in die Vrystaat het oor die jare gegroei van ’n plattelandse dorpie tot ’n juweel van toerisme, kuns en die gasvryheid wat ’n mens van ’n plaasgemeenskap sal verwag. Inwoners van Gauteng en Noordwes gaan kuier gereeld vir ’n langnaweek, […]

Wat’s Eskom? “Off the grid”-blyplekke in die Kaap

Net sodra ’n mens van beurtkrag vergeet, vang dit jou onkant en maak dit seker jy is deeglik bewus van hoe afhanklik jy van Eskom se krag is ─ en dan, om dinge sommer net ’n titseltjie erger te maak, besef jy op die nippertjie jou selfoon se battery staan op 18%. Daar is egter […]

Suid-Afrikaanse woude om in die winter te verken

Soos gesien op Maroela Media. Soos wat die somermaande tot ’n einde kom en winterserpe uit die kas gehaal word, raak dit tyd om ’n afkoel-sessie in die see vir ’n aand voor die kaggel in die woud te verruil. Suid-Afrika se natuurryk is so divers dat elke woud wat in dié land verken word, […]

Hessequa: Die Tuinroete sonder die skares

“Mense van die bome” ─ dís wat Hessequa in Khoi beteken, en dis ’n gepaste naam, want dié lowerryke, Wes-Kaapse kusstreek wat dorpies soos Stilbaai, Riversdal, Witsand en Albertinia insluit, is ’n plek waar die wêreld nog om gasvrye hartsmense en die natuur draai, met pragtige landskappe in oorvloed. Hier sal moeë stadsiele en avontuurlustiges […]

Rivier, meer of dam ─ waar wil jy vakansie hou?

Suid-Afrika se wonderskone landskap spog met talle riviere, damme en mere wat van die mooiste vakansiebestemmings bied waar jy vir ure lank kan tjoepry, visvang, roei, swem en die rustigheid langs die water kan geniet! LekkeSlaap het dertien lekker blyplekke langs die water uitgesoek, sodat jy ’n luilekker vakansie in die son en water kan […]

5 natuurverskynsels om na uit te sien in 2021

Soos gesien op Maroela Media Het jou reisvooruitsigte vir hierdie jaar effens anders gelyk as nou? Moes jy noodgedwonge ’n paar opwindende reisplanne as gevolg van inperkings kanselleer? Moenie bekommer nie, daar is soveel mooi in ons eie land wat jy steeds kan verken! LekkeSlaap het ’n lys van vyf natuurverskynsels saamgestel waarna jy hierdie […]

Keer terug na die natuur op hierdie staproetes in die berge!

Om tyd in die natuur deur te bring, is nie net ’n goeie manier om weg te kom van die gejaag van die alledaagse lewe nie, maar die vars lug verminder ook stres en verbeter jou slaappatrone ─ dis ’n rede om uit die stad te ontsnap! Daar is bergstaproetes vir alle fiksheidsvlakke reg oor die land, en in dié blog wys LekkeSlaap jou ’n paar van ons gunsteling-bergstaproetes op tuisbodem.

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang