Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Kos & Kuier

Penguin Experience: Waggel saam met ’n pikkewyn by die Two Oceans Akwarium

Almal het ’n gunstelingdier en myne is ’n pikkewyn! Daar is iets besonders aan dié koddige verebondels wat nóg vis, nóg voël is en, soos mense, ’n klippie aan hul gekose lewensmaat gee om hul getrouheid te wys. Die Two Oceans Akwarium in Kaapstad het LekkeSlaap genooi om ’n Penguin Experience by te woon en […]

My voete loop na Wellington …

In my Alma Mater se Afrikaansklas sou ek nooit kon droom om eendag oor ons interskole-aardsvyand se tuisdorp te skryf nie. Maar op ’n koel herfsoggend trek ek my Redemption-leerskoene aan en is ek slaggereed om Wellington via die Lady Loch-brug in te vaar! Dié Bolandse dorpie skuil aan die voet van Groenberg teen die […]

OPTOG! ’n Handjievol vrae vir Koos Kombuis

Dis weer lente in die Boland, want dié week reis OPTOG! se kleurvolle kombi’s al die pad van Kroonstad tot in die eeue oue Eikestad! Stellenbosch, die land van Adam Tas en Simon van der Stel, is alombekend vir sy studentelewe, prag-akkerboomlane en, natuurlik, wyn in amper elke moontlike kleur en kultivar. Koos Kombuis tree […]

’n Dag Propvol Pret(ville) in Harties

Op ’n bewolkte someroggend in Pretoria, vat ek en my gesin die pad in die rigting van Hartbeespoort. Dié vakansiedorpie is sowat 40 kilometer wes van die Jakarandastad in Noordwes en, as Kapenaars wat nog nooit in dié geweste was nie, is ons kinderlik opgewonde oor wat voorlê. Ons bereik die Hartbeespoortdam aan die voet […]

Die Beste in die Weste: Best Western Cape Suites Hotel

Die res van die wêreld se Best Westerns mag dalk dink hulle kraai koning, maar die beste in die weste is beslis ’n Kaapse ding. LekkeSlaap het onlangs op ’n woeste winderige dag in die Moederstad ’n draai by die Best Western Cape Suites Hotel in Zonnebloem gaan maak. Tot die vroeë 19de eeu was […]

Gesinspret en Salige Weskusdae in Dwarskersbos

As jy soggens op jou stoep aan ’n koppie boeretroos teug, die vars Weskus-briesie aan jou vel voel streel en die branders in die verte hoor druis, wéét jy jy het ’n vreedsame vakansiebestemming gevind. Maar die jongspan benodig beslis meer as rus en vrede om ’n wegbreek te geniet! Daarom deel LekkeSlaap graag dié […]

Pad(stal) Na Jou Hart: 5 Lekker Padstalle in SA

Soos gesien op Maroela Media Wat sou die langpad wees sonder ’n fles boeretroos, ʼn versameling lekker-luister liedjies en, natuurlik, ’n padstal? ʼn Padstal is so eie aan Suid-Afrikaner wees soos ’n braai op ’n Saterdagmiddag, en dis die ideale plek as jy wil benerek en jou padkos aanvul ─ van varsgebakte brood, biltong, gemmerbier […]

Koop, Klets en Knibbel by dié Kersmarkies

Aan die einde van die jaar raak dinge mal! Almal vaar die winkelsentrums in op soek na daai laaste paar pakkies om onder die boom te sit. Maar hoe gemaak as jy jou Kersinkopies tot op die nippertjie los en voor ’n leë winkelrak te staan kom? Om seker te maak daar is vanjaar glimlagte […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang