Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Kos & Kuier

Hiervandaan na Lambertsbaai

Die Weskus se vissersbote, kreef en vissershuisies is aan almal bekend, maar vir die meerderheid Kapenaars is dit minder algemeen om die langpad verder as Paternoster of Velddrif aan te durf. Noord van hierdie plekke betree jy ’n ander koninkryk met sierlike rotsvorms, grotte en oorblyfsels van Suid-Afrika se vroegste bewoners. Lambertsbaai, wat deel vorm […]

Alle spore lei na Elgin: ’n Naweek in die Appelvallei

Elgin is beslis meer as net “die plek waar die appels vandaan kom”. Alhoewel dié Overbergdorpie bykans 60% van ons land se appels voorsien, is dit die wynlandgoedere in dié streek wat deesdae op almal se lippe is. Die ligging tussen die berge en naby die see gee dié streek die koelste klimaat van al […]

Jeffreysbaai: Son, See, Skulpe en Branderplankry

Jy lê op jou branderplank en roei terwyl jy op daai grote wag … Dan rol die perfekte golf nader en jy voel hoe die adrenalien deur jou are bruis ─ jy spring opgewonde op jou branderplank en ry sielsgelukkig saam met die brander! Jeffreysbaai is sinoniem met branderplankry en dié watersport se entoesiaste kom […]

LekkeSlaap Loer in by Langkloof Roses

Dis vroeg Vrydagoggend en ons ry na Wellington in die Kaapse Wynlande. Wingerde staan op dié dag windverwaaid met die groot Groenberge in die agtergrond. Skielik verander die teerpad in ’n 2,7 kilometer lange stofpad wat jou een ding laat besef ─ jy het die rumoer van die stad vir die rustige plaaslewe agtergelaat. Langkloof […]

Kom kry Vis-en-Tjips aan die Kaap se Kus

“Snoek lekker ou ─ snoek Kaap se snoek Uit die Kaap se waters …” ─ Allen Brodell Dis nie ’n Kaapse vakansie sonder ’n besoek aan ’n smullekker vis-en-tjips-restaurant nie! Só knus aan die kus lok dié Kaapse vis-en-tjips-winkels besoekers van heinde en verre om sout-van-die-aarde mense te kom ontmoet en aan hulle heerlike disse […]

Kom Proe Smullekker Kase op hierdie Plase

Glo jy die maan is van kaas gemaak? Of dat kaas alles beter laat smaak? Is parmesaan jou pasmaat en brie jou beste pêl? Skuif dan ’n bietjie nader sodat ons jou ’n storie kan vertel … Min dinge is so lekker soos kaas, hetsy dit deel van ’n maaltyd is of op ’n deftige […]

Kom Smul Saam by die Soetes- en Sopfees in die Skilderagtige Breedekloof

Jy staan met ’n glas goeie wyn in die een hand en ’n blikbeker tuisgemaakte sop in die ander, terwyl die wintersonnetjie op jou rug bak en jy verwonderd na die majestueuse berge om jou staar ─ dít is die Soetes- en Sopfees in ’n neutedop! Dié jaarlikse winterfees vind plaas in die asemrowende Breedekloof, […]

Kom loer in die Bo-Kaap se Kospotte

Die Bo-Kaap en sy ikoniese huisies is regoor die wêreld bekend ─ foto’s van dié kleurvolle buurt pronk op tydskrifte, kalenders en ek-verlang-na-jou-poskaarte. Dis onmoontlik om enigsins aan Kaapstad te dink sonder om ook aan die Bo-Kaap te dink. Dit is ’n historiese woonbuurt wat al aan die slegte en goeie ontvangskant van ons land […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang