Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Kos & Kuier

4 Wegkruipgrotte ver van Alles en Almal

Dis moeilik om nie verstom te staan voor die mensdom se vermoë om asemrowende wonings uit beton, staal, glas, en klip te skep nie. Dink maar aan die Burj Khalifa en die Burj Al Arab in Dubai, One World Trade Centre in New York, Sydney se Operahuis, en die Petronas Twin Towers in Kuala Lumpur. […]

24 Uur in Napier

Jy het seker al van Napier gehoor? Dié oulike dorpie skuil aan die voet van die Soetmuisberg. Die meeste reisigers ry deur Napier onderweg na Afrika se mees suidelike punt by Agulhas of wanneer hulle op pad is see toe in Arniston. Al het die dorpie ’n ietwat omstrede begin gehad, is dit vandag een […]

Verken Vrolike Villiersdorp: 6 Gesinsvriendelike Doendinge

In ’n fraaie vallei in die Overberg skuil ’n plaasdorpie wat veral bekend is vir sy vrugtebome, wingerde en geil graanlande wat soos ’n lappieskombers oor die berge lê. Villiersdorp het in 1943 ontstaan toe veldkornet Pieter De Villiers toestemming gekry het om ’n dorpie op ’n gedeelte van sy plaas, Radyn, uit te lê. […]

Die Vallei van ’n Duisend Heuwels

Die Vallei van ’n Duisend Heuwels is vernoem na die talle heuwels, kranse en valleie wat die Umgenirivier omsingel. Dié rivier vloei vanaf die Drakensberge tot by die Indiese Oseaan en sluit die omgewing van Pietermaritzburg, Monteseel, Drummond, Botha’s Hill, Shongweni, Kloof, Gillits, Hillcrest, Waterfall, Pinetown en Durban in. Hier kry jy ’n kombinasie van […]

Die Witzenbergvallei: Kos, Kuns en Kuier by die Hamlet Kuns- en Kultuurfees

Prince Alfred Hamlet is in 1861 op die plaas Wagenboomsrivier gestig en vernoem na die Britse koningin Victoria se tweede seun. So nee, ons praat nie hier van Prins Albert in die Klein Karoo nie. Waar lê dié dorp dan nou eintlik, vra jy? Prince Alfred Hamlet, of Hamlet soos die plaaslike inwoners dit noem, […]

’n Dag vol Liefde in die Jakarandastad

Dié tyd van die jaar trek die Jakarandastad weer sy pers jassie aan. Die violetkleurige bloeisels wat in Oktober en November oral gestrooi lê en die strate in sprokiestonnels omskep, maak Pretoria ’n uitstekende naweekbestemming vir liefdesduifies. LekkeSlaap het ’n paar romantiese doendinge gaan soek waarmee paartjies ’n dag of twee in dié stad kan vul. […]

Plas in dié poele aan ons kus!

Dis somervakansie en jy baljaar sielsgelukkig in die branders. Maar dan verskyn ’n vreesaanjaende vinnetjie uit die niet … Om dié beklemming te vermy, vertel LekkeSlaap jou van 10 gesinsvriendelike getypoele al langs ons land se kus. Ons gee jou ook gesinsverblyfopsies sodat jy salig kan rus! Kampsbaai-getypoel Atlantiese Seekus, Wes-Kaap Dié getypoel, in een van […]

Wat weet jy van Victoria-Wes?

Soos menige ander Karoo-dorpie is Victoria-Wes ook een van dié waar jy skaars ’n oog kan knip voor jy eenkant in en weer anderkant uit is. Volg die N12 of die R63 deur die Karoo en daar waar dié twee paaie kruis, bevind jy jou in die hartjie van dié plattelandse oase. Die feit dat […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang