Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Oos-Kaap

Plas in dié poele aan ons kus!

Dis somervakansie en jy baljaar sielsgelukkig in die branders. Maar dan verskyn ’n vreesaanjaende vinnetjie uit die niet … Om dié beklemming te vermy, vertel LekkeSlaap jou van 10 gesinsvriendelike getypoele al langs ons land se kus. Ons gee jou ook gesinsverblyfopsies sodat jy salig kan rus! Kampsbaai-getypoel Atlantiese Seekus, Wes-Kaap Dié getypoel, in een van […]

Vrede in die Groot Karoo: 7 Kothuise en 7 Doendinge naby Graaff-Reinet

Die Groot Karoo is ’n omgewing van uiterstes ─ ’n dorre landskap deurvleg met fonteine, snikhete somers en snerpende winters, angswekkende afsondering en hartlike gasvryheid. En glo dit of nie, volgens die argeoloë was hierdie halfwoestyn miljoene jare gelede diep onder die water. Dis veral die stilte, verlatenheid en oopte van dié landskap wat uitstaan. […]

Halala Suid-Afrika! Kom vier ons Ryk Erfenis hiér!

“Dis ’n land van kleure en klankDis ’n land van oorvloed en dankDis ’n land waar almal na streweDis ’n land sonder horison enDis ’n land wat weet dat hy kanook ’n blyplek neerlê vir my”Carike Keuzenkamp – Dis ’n land Baie Suid-Afrikaners vier Erfenisdag om die braaivleisvuur waar klagtes en uitgerekte “ja-nees” maar so […]

10 Gesellige Kuierhuise met Boma-braaiplekke

Die somer klop al aan die deur en Suid-Afrikaners regoor die land begin hul braairoosters en -tange afstof vir die eerste somerbraai, want daar’s darem niks só lekker soos ’n gesellige kuier om ’n reuse-braaivleisvuur, braaibroodjies en ’n smullekker skaaptjoppie nie! En met Erfenisdag wat wink, wys LekkeSlaap vir jou 10 kuierhuise met boma-braaiplekke waar […]

Kom kuier saam in dié Kaaps-Hollandse huise

Bekoor Kaaps-Hollandse huise jou wanneer jy dit in die verbygaan sien? Het jy dalk al gewonder hoe mense eeue terug in dié ou huise gewoon het? Dis nóú jou kans om te gaan uitvind wat presies agter dié witgekalkte mure skuil! Kaaps-Hollandse geboue is ’n belangrike deel van Suid-Afrika se geskiedenis omdat Hollandse setlaars honderde […]

Jou walviskyk-gids in Suid-Afrika

Soos gesien op Maroela Media Suid-Afrika is een van die beste walviskyk-bestemmings ter wêreld en ons is elke jaar van Junie tot November bevoorreg om dié majestueuse soogdiere in die water te sien baljaar. Die suidelike noordkappers migreer jaarliks vanaf Antartika se ysige waters na die warm Mosambiek-seestroom teen ons kus waar die walviskoeie dan […]

9 Luisterryke Lentebestemmings

Die tyd vir winterwegbreke is vir eers verby. Oor ’n paar dae is die lente in al haar glorie hier. LekkeSlaap het 9 van die mooiste lentebestemmings gaan uitsoek, so kom vier die nuwe seisoen by ’n prentjiemooi plek in jou provinsie! Gauteng Jakarandastad Elke jaar in September kondig duisende pers jakarandabloeisels die koms van […]

Kom uit onder die radar en gaan groen!

Voel jy soms vasgevang deur tegnologie? Die wêreldwye web slaap nooit nie. Facebook, Whatsapp, en Instagram is altyd wakker, en voor jy jou kom kry, is jy toegespin in ’n FOMO-kokon ─ al laai jy self niks op nie, maak die wete dat jy dalk iets gaan mis jou senuweeagtig. Wat van ’n wegbreek waar […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang