Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Seisoenaal

Ons Besing Suid-Afrika se Unieke Streke

Dis ’n splinternuwe jaar propvol hoop en avontuur! Al is jy tans platsak, is dit nooit té vroeg om jou volgende vakansie te beplan of ’n nuwe emmerskoplysie op te stel nie. Maar waar sal jy gaan kerjakker? Om jou weer aan ons land se droombestemmings te herinner, het LekkeSlaap ’n handjievol tydlose treffers opgespoor […]

Kom rus ’n bietjie in Rosendal

Rosendal het dalk minder as ’n 100 permanente inwoners, maar hierdie sonderlinge dorpie in die Oos-Vrystaat loop oor van al die stories. LekkeSlaap het gaan inloer om te luister na dié verhale en te sien watter skatte hier lê. Ligging Rosendal is sowat ’n halfuur se ry vanaf Ficksburg en ongeveer ’n uur en vyftig […]

Cape Nature: Verlustig jou in SA se Inheemse Natuurskoon

Beplan jy ’n vakansie in die Wes-Kaap? Wil jy dié provinsie se natuurskoon in sy volle glorie ervaar? LekkeSlaap wys jou waar al Cape Nature se reservate te vinde is, watter doendinge elke reservaat bied, en natuurlik ook waar jy sag kan slaap na ’n bedrywige dag van voetslaan, voëlkyk en verkenning. 1. Matjiesrivier Natuurreservaat […]

Langpadwenke vir die Desembervakansie

Soos gesien op Maroela Media. Jou vakansieverblyf is lankal bespreek, jy is uiteindelik met verlof en die motor is gelaai ─ al wat nóú nog tussen jou en ’n welverdiende blaaskans staan, is die langpad! Duisende Suid-Afrikaners pak jaarliks ons land se paaie aan onderweg na verskeie vakansiebestemmings. Wanneer die pad egter eindeloos voor jou […]

Die Vallei van ’n Duisend Heuwels

Die Vallei van ’n Duisend Heuwels is vernoem na die talle heuwels, kranse en valleie wat die Umgenirivier omsingel. Dié rivier vloei vanaf die Drakensberge tot by die Indiese Oseaan en sluit die omgewing van Pietermaritzburg, Monteseel, Drummond, Botha’s Hill, Shongweni, Kloof, Gillits, Hillcrest, Waterfall, Pinetown en Durban in. Hier kry jy ’n kombinasie van […]

Weelde in Wellington: Val du Charron

Val du Charron is ’n weelderige wyn- en olyfplaas net buite Wellington in die Bovlei-vallei. In 2015 het Drinks International Magazine dié boetiekwynplaas se Theatre of Wine aangewys as die mees innoverende toerisme-ervaring, en sedertdien behaal hierdié spoggeleentheid jaarliks groot sukses. LekkeSlaap het ’n draai by Val du Charron gaan maak en vertel jou graag wat alles […]

Jou bobaas-blommekykgids vir 2017

Soos gesien op Maroela Media. Baie van ons se enigste herinnering aan die jaarlikse veldblomseisoen is ’n ou, verrimpelde foto van jou wat verbouereerd tussen die blomme poseer terwyl ma of pa allerhande snaakse streke uithaal om jou aandag op die kamera te hou. Of dalk het jy nog nooit eerstehands die Weskus en Namakwaland […]

Arniston: ’n Dorpie vol skatte

Ons almal wil ’n huisie by die see hê of ten minste net ’n heerlike seevakansie! As jy egter nie tussen ’n skare wil sonbaai nie, is die vreedsame Arniston in die Overberg die ideale plek. LekkeSlaap het in hierdie dorpie gaan kuier en vertel jou graag van al sy skatte, asook waar jy ’n […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang