Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Seisoenaal

9 Oorde met Hope Gesinspret

Benodig jy ’n blaaskans maar jou beursie en die kalender laat nie ’n lang vakansie toe nie? Raak die jongspan al kriewelrig in Jan Tuisbly se karretjie? Moenie bekommer nie, LekkeSlaap het die kuur! Ons weet van nege oorde reg oor die land waar jy ’n sielsverkwikkende naweek kan deurbring met tonne pret vir die hele […]

Ons kitsgids tot SA se SANParke

Suid-Afrikaners is besonder trots op hulle land se fauna, flora, kulturele erfenis en  beeldskone natuur ─ en met goeie rede! Daarom is SANParke gestig om te verseker dat dít behoue sal bly. LekkeSlaap wil jou graag wys waar en hoe jy jou volgende vakansie in of naby een of meer van dié parke regoor die […]

Dié Week se Beste Sneeufoto’s

Hooffoto verskaf deur Leon Laubscher. Ons sonskynland het die afgelope week sommer baie sneeu gesien en Suid-Afrikaners het die kostelikste kiekies geneem om dié sprokiestoneel vas te vang. Ons het van die beste sneeufoto’s op ons landgenote se Instagram-profiele gaan opspoor en ons kan amper waarborg dat jy nie deur hierdie blog sal kom sonder om […]

Besoek Suid-Afrika se 10 Bekendste Grotte

Is jy ’n avonturier wat hou van klim en klouter? Dan is ’n wegbreek na ons mooie land se bekendste grotte perfek vir jou. As jy hulle een vir een op jou emmerskoplysie wil afmerk, val dié artikel so reg in jou kraal. Hier is alles wat jy van Suid-Afrika se 10 bekendste grotte behoort […]

Bederf Jouself met só Bobaas-bad

’n Salige sessie in die borrelbad is ’n bederf wat jy nie sommer elke dag kan geniet nie. Wie het nou tyd om in die water te week as daar byna ’n miljoen dinge in en om die huis is wat gedoen moet word … Om behoorlik af te skakel moet ’n mens liefs nie […]

St Lucia: ’n Ware Afrika-paradys met Duisende Doendinge!

’n Kuswoud, ’n meer, ’n wildreservaat en legio strande met koraalriwwe ─ nee, dis nie ’n tropiese eiland êrens in die vreemde nie, maar Suid-Afrika se eie paradys, St Lucia! Dié kusdorpie is sowat 240 kilometer noord van Durban aan KwaZulu-Natal se Olifantkus geleë en vorm deel van Suid-Afrika se heel eerste Wêrelderfenisgebied, die iSimangaliso […]

Suid-Afrika: ’n Voëlparadys van Noord tot Suid

Suid-Afrika word beskou as een van die wêreld se topvoëlkykbestemmings met sowat 850 opgetekende voëlspesies. Die meeste spesies, soos die bosluisvoël en lelkraanvoël, woon in Suid-Afrika of besoek ons land jaarliks. Slegs ’n kwart van die spesies, soos die teeleendjie en die jakkalsvoël, word net hier op eie bodem gevind. LekkeSlaap wys jou waar die […]

Kosmos en Stoomtreine: Besoek die Oos-Vrystaat in Maart!

Psst! Het jy geweet Maart is die beste tyd om die Oos-Vrystaat te besoek? Vandag vertel ons jou ’n storie van ’n stoomtreinreis na gister deur velde vol malvalekker-blommetjies. Dís nou vir jou beslis iets anders as die gewone jaarlikse uitstappies na die Ficksburg-kersiefees of Namakwaland se blomtapyt! Gesoute plaaslike reisigers ken Namakwaland se veldblomkaart […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang