Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Wes-Kaap

Kom Proe Smullekker Kase op hierdie Plase

Glo jy die maan is van kaas gemaak? Of dat kaas alles beter laat smaak? Is parmesaan jou pasmaat en brie jou beste pêl? Skuif dan ’n bietjie nader sodat ons jou ’n storie kan vertel … Min dinge is so lekker soos kaas, hetsy dit deel van ’n maaltyd is of op ’n deftige […]

Kom Smul Saam by die Soetes- en Sopfees in die Skilderagtige Breedekloof

Jy staan met ’n glas goeie wyn in die een hand en ’n blikbeker tuisgemaakte sop in die ander, terwyl die wintersonnetjie op jou rug bak en jy verwonderd na die majestueuse berge om jou staar ─ dít is die Soetes- en Sopfees in ’n neutedop! Dié jaarlikse winterfees vind plaas in die asemrowende Breedekloof, […]

Kom loer in die Bo-Kaap se Kospotte

Die Bo-Kaap en sy ikoniese huisies is regoor die wêreld bekend ─ foto’s van dié kleurvolle buurt pronk op tydskrifte, kalenders en ek-verlang-na-jou-poskaarte. Dis onmoontlik om enigsins aan Kaapstad te dink sonder om ook aan die Bo-Kaap te dink. Dit is ’n historiese woonbuurt wat al aan die slegte en goeie ontvangskant van ons land […]

Vrede en Lust: Vreugde uit die Wingerdstok

Wonderskone wingerde wat oor Simondium se dale tot teenaan die Simonsberghange strek, welige grasperke met pragtige voetpaaie wat tussen die historiese Kaap-Hollandse geboue kronkel, en die reuk van varsgebakte brood en sterk koffie wat die oggendlug vul ─ dié salige kombinasie sal jy net by Vrede en Lust kry! LekkeSlaap het by dié wêreldbekende wynlandgoed […]

Ontdek die Mooi van Matjiesvlei

As jy al in die Karoo gekuier het, weet jy as hy eers vatplek aan jou kry, laat hy nie sommer gaan nie. Dié geweste het diep in Jan en Marietjie, die eienaars van Matjiesvlei Cottages, se harte gekruip en daarom het hulle ’n lekker vakansieplek vir familie en vriende hiér begin soek. Hulle kom […]

Sardienloop aan die Suidkus

Soos gesien op Maroela Media Die kus word weer wild, want die sardienloop is hier! Dié jaarlikse natuurverskynsel laat ons elke keer in vervoering en vanjaar gaan geensins anders wees nie. Dis egter in ’n oogwink verby, so jy sal moet spring as jy dié besonderse gebeurtenis onder oë wil kry! Daarom vertel LekkeSlaap jou […]

Winter-Wynproe met Peuselhappies in die Stellenboschvallei

Die winter is hier en die dae van op die strand lê moet ons ongelukkig eers uitstel. So, wat kan ’n mens in die Kaap doen wanneer die broodnodige reën op ons neersak? Al is boetiekbier en gin nou lekker gewild, stel ons ’n ou gunsteling voor ─ wynproe in die Stellenboschvallei! Wat dié ervaring […]

Top-Sterrekykplekke in Suid-Afrika

“Saans as die donker kom daal oor die velde; Saans as die sterre kom loer in die nag; Saans as die sterre soos duisende spelde saggies kom vonkel en glinster na dag: Dan by die kampvuur in eensame drome sit ek en dink aan die dae verby; Dae van liefde en leed, en van drome; Dae […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang