Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Wes-Kaap

4×4-Roetes en Verblyf in elke Provinsie

Kry jy óók ’n koue rilling as jy aan winter dink? Om die ysige koue uit jou are te verdryf, stel LekkeSlaap ’n waaghalsige 4×4-roete en verblyf met ’n knus kaggel en braai-area in elke provinsie voor!   Wes-Kaap Biedouwvallei 4×4-roete, Clanwilliam Roete-afstand: 30 km Dié vallei is in die Sederberge op die Pakhuispad tussen Clanwilliam […]

As dié Mure kon Praat: Historiese Hotelle in Suid-Afrika

Reken jy dis net spinnerakke, stowwerige hoekies en stokou meubels wat agter historiese hotelle se mure skuil? Dan het jy die kat so effens aan die stert beet! Menige ou hotel is al deur die jare spoggerig opgeknap en bied luukse geriewe. Die negentiende- en vroeë twintigste-eeuse argitektuur het egter hoofsaaklik behoue gebly en so […]

Verf die Moederstad Rooi met net R200 in jou Sak!

Is jy ’n Kapenaar of beplan jy ’n uitstappie na die Moederstad, maar jy’s bietjie platsak na ’n besige Paasnaweek? Jan Tuisbly se karretjie klink maar vaal vir die res van April, of hoe? Daar is lig aan die einde van die donker tonnel ─ nie alles wat opwindend en die moeite werd is om […]

Anderkant die Boereworsgordyn: Kaapstad se Noordelike Voorstede

Miljoene besoekers stroom elke jaar na die Moederstad en met goeie rede – net sowat 25 minute buite die geroesemoes van verkeer en toeriste wag daar heelwat verrassings op jou. Ons praat natuurlik van al die juwele in Kaapstad se Noordelike Voorstede! Dié voorstede bied ’n rustiger lewenstyl as die middestad en legio dinge om […]

Malmesbury in Engeland!?

Buiten Tafelberg, legio wynplase en ’n kuslyn wat die Atlantiese en Indiese Oseaan insluit, het die Wes-Kaap ook ’n rits dorpe met naamgenote in Brittanje, die Verenigde State van Amerika en selfs in Nieu-Seeland. Daarom het LekkeSlaap 10 Wes-Kaapse dorpe uitgesoek wat eweknieë in die buiteland het en ons deel graag ’n handjie vol ooreenkomste […]

8 Lekke Suid-Afrikaanse Reisapps

Kyk, ons erken daar is beslis ’n tipe romanse en nostalgie aan reis met ’n oudtydse padkaart en ’n stapel reisgidse waarin jy alles van doendinge en besienswaardighede tot wild- en voëlspesies kan opsoek. Maar die Suid-Afrikaanse reisindustrie groei en moderniseer nou só vinnig dat jy byna glad nie meer effektief sonder ’n slimfoon aan […]

Kom Klink ’n Glasie op dié Gesellige Kuierstoepe!

Die ideale stoep het genoeg sitplek vir ’n groot groep vriende of die hele familie, ’n asemrowende uitsig, gemaklike meubels, braaigeriewe om saans ’n vleisie oor die kole te gooi, en speelplek naby vir die kinders. LekkeSlaap het dié lysie in gedagte gehou en ’n paar gesellige kuierstoepe gaan uitsoek waar jy en jou kroos […]

Wees waterwys!

Die Kaap was al baie dinge: Hollands, Engels, selfs Bataafs, maar deesdae is die Kaap net een ding ─ dors! Na ’n paar besonder droë winters het Slaapstad uiteindelik wakkergeskrik en besef dis nou Day Zero-sake as sy nie vinnig begin water spaar nie. Groen en bruin JoJo-tenks verrys soos paddastoele in agterplase, gryswaterpraatjies word […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang