Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Wes-Kaap

Sprokiesagtige tuinkothuise in die Wes-Kaap

Het jy as kind ook soms gedink jy hoor kabouters in die tuin sing? Dan sal hierdie volgende paar wegbreekvoorstelle vir jou baie geluk bring! Lente is om die draai en tuine word binnekort met ’n kleurvolle blompalet versier. LekkeSlaap het ’n paar bekoorlike tuinkothuise, wat op jou volgende wegbreeklysie moet wees, in die Wes-Kaap […]

Sewe bekoorlike blyplekke in die Swartland

Die Swartland lê tussen Malmesbury in die suide, deur die Riebeekvallei tot by Piketberg in die noorde, en by Darling in die weste, tot by die Olifantsberg by Porterville in die ooste. Dié uitgestrekte, vrugbare vlaktes is deurtrek van goue koringlande wat die rede is dat dié area as die broodmandjie van die Kaap bestempel […]

Aktiwiteite in die Cederberg

Die Cederberg is ’n wêreldklasbestemming nie te ver buite Kaapstad nie. Dié wildernisarea, wat van die Middelbergpas in Citrusdal tot noord van die Agter-Pakhuyspas buite Clanwilliam strek, is ’n land van verskeidenheid en uitbundigheid wat geen avontuurlustige, fynproewer of naweekreisiger moet misloop nie. Hier buig en draai rooi sandsteenrotse in skouspelagtige vorms; hier breek die […]

CapeNature: 6 minder bekende staproetes

Behalwe vir die feit dat CapeNature na die natuur omsien en besoekers en plaaslike gemeenskappe opvoed oor hoe om ons nauurlike omgewing te bewaar, bied hulle ook onvergeetlike ekotoerisme-ervarings waartydens jy die natuurskoon kan bewonder – van adrenaliensport soos bouldering, kloofing en kajakvaar, tot meer rustige aktiwiteite soos stap, visvang en walviskyk.  Die natuurreservate bied […]

Kom proe wyn en slaap oor

Die winter is hier en ons kan aan niks beter dink om te doen as om op ’n prentjiemooi wynplaas agteroor te sit en ’n wynproesessie en goeie geselskap te geniet nie! Één ding wat miskien beter kan wees, is as jy sommer daar op die perseel kan oorbly en nie die kuier kort hoef […]

Mount Ceder: Verken die Cederberg behoorlik

Toe LekkeSlaap besluit het om die Cederberg te verken, het ons geweet Mount Ceder gaan een van dié beste verblyf-opsies wees ─ dit is op die hoofroete wat deur dié streek strek, dis op die oewer van die Grootrivier én dit het ’n hele rits aktiwiteite wat jou toelaat om dié magiese streek behóórlik te […]

Ons kuier in Clanwilliam ─ kom saam!

Clanwilliam lok met goeie rede al vir derduisende jare elke hierjy en herder om te kom kuier en kamp opslaan. Dié “hoofstad van die Cederberg” se eeue-oue aantrekkingskrag is sigbaar in die streek se groot konsentrasie rotstekeninge en in sy pragplase wat al vir generasies in dieselfde families is ─ van die jare toet tot […]

Desert Wind Private Guest and Game Farm: Breek weg naby Kaapstad

Wanneer laas het jy reën en ’n donderstorm in die Karoo beleef? Die water vorm strome op die droë grondpaaie, die donker wolke beweeg voor die son in en sak onverwags op ons neer, die blits verhelder die horison en ’n mens kan sommer sien die bossies is dankbaar vir die water wat hulle dors […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang