Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Wes-Kaap

Romantiese verblyf langs ’n rivier

’n Huweliksherdenking, ’n wittebrood, of gehaltetyd saam met ’n spesiale iemand ─ daar is altyd ’n goeie rede om ’n romantiese wegbreek te bespreek. En wat is beter as om met kabbelende water in die agtergrond tyd saam met jou geliefde deur te bring? LekkeSlaap.co.za het romantiese verblyf langs ’n paar riviere uitgesoek waar julle […]

9 velddrafroetes in die Wes-Kaap

Suid-Afrika is geseën met ’n diverse natuurlike landskap met lang, ongerepte strande, digte woude, majestueuse berge, unieke plantegroei en ongelooflike rotsformasies om net ’n paar te noem! Een van die beste maniere om hierdie landskappe te verken en sommer terselfdertyd aan jou fiksheid te werk, is velddrafroetes, oftewel trail runs. Velddrafroetes het oor die afgelope […]

Steenbokfontein ─ Storie van ’n seeplaas

By Steenbokfontein, ’n seeplaas net buite Lambertsbaai aan die Weskus, het álles ’n storie. LekkeSlaap.co.za het onlangs ’n Kaapse draai by hierdie besonderse plek gemaak om al sy vertellings te hoor en uit te vind hoe jý ook Steenbokfontein deel van jou storie kan maak.  

Ontsnap uit die Moederstad: 11 lekke plekke

Met dié Covid-regulasies wat alewig aan die verander is en dinge so onvoorspelbaar maak, is dit amper onmoontlik om deesdae lekker lang wegbreke vroeg vooruit te beplan. Maar net omdat ons dit nie vroeg vooruit kan beplan nie, beteken nie dit hoef nie ’n behoorlike wegbreek te wees nie. As jy op die nippertjie op […]

Hierdie blyplekke tussen die blomme is nog beskikbaar

Is jy so opgewonde soos ons oor die blommeskouspel wat vanjaar ons land ná die goeie reën gaan tref? Talle blyplekke tussen Namakwaland, die Tankwa-Karoo, Weskus en die Sederberg se blomme is reeds tjok-en-blok soos wat opgewonde Suid-Afrikaners bespreek om vars lug én ’n ongelooflike blomme-ervaring te kry. LekkeSlaap.co.za het gaan soek na nog ’n paar plekkies wat beskikbaarheid het sodat jy en jou geliefdes ook vanjaar tussen die blomme kan baljaar.

Spoke, gin en tee ─ dít alles in Namakwaland

Van ’n ou tronk, koffie op ’n berg en ’n unieke ginproe-ervaring, tot verblyf by ’n ou klooster ─ dit is alles in Vanrhynsdorp en die omgewing te vinde! LekkeSlaap is onlangs na dié deel van Namakwaland genooi om ’n bietjie na die vriendelike mense se interessante stories te luister en alles wat mooi is […]

Lambertsbaai: die kuns-, kos- kultuur- en kurio-mekka aan die Weskus

Mense is geneig om te dink dat Lambertsbaai net nóg ’n dorpie aan die Weskus is, maar as jy die pad verby Paternoster en Velddrif aandurf tot waar die snoekskuite in hulle primêre kleure op die water dobber, wag daar oorgenoeg aktiwiteite om jou en die kroos te vermaak. LekkeSlaap het eendag, nie so lank-lank […]

Letsatsi Lodge: ’n Oase op die Knersvlakte

Ná ’n lang dag op die pad, lê die lodge soos ’n oase en wag wanneer ons oor die laaste koppie ry ─ as my oë my nie misgis nie, is dit dan nou glad palmbome wat daar tussen die lodge-geboue staan? Toe Letsatsi Lodge LekkeSlaap genooi het om ’n naweek by hulle op die […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang