LekkeSlaap blog
Skrywer: Danielle Terblanche
Winterwegbreke by die see
Hoewel dit tyd is om plakkies met stewels te vervang, die strandsambrele vir reënsambrele plek moet gee en die lugverkoeling in die voertuig na die verwarmer verstel word, beteken dit nie dat julle nie steeds ’n seevakansie kan geniet nie. LekkeSlaap wys jou waar jy aan die kus kan gaan bly om die meeste van […]
Kom vind uit hoe werk eko-vriendelike verblyf
Eko-vriendelike verblyf in Suid-Afrika word al hoe meer gewild, aangesien beide plaaslike inwoners en toeriste poog om hul impak op die omgewing te minimaliseer terwyl hulle die land se natuurskoon geniet. Baie eiendomme het al volhoubare praktyke aangeneem, soos die gebruik van hernubare energiebronne (wat ook help met beurtkrag), herwinning en waterbesparing. Sommige plekke is […]
11 romantiese blyplekke in die berge
Suid-Afrika is vir ongelooflike natuurskoon bekend en die beste manier om dit te ervaar is om na die berge te ontsnap. Vir paartjies wat op soek is na ’n romantiese wegbreek, bied die berge ’n skilderagtige en rustige omgewing vir ontspanne verblyf. Of jy nou op soek is na avontuur of bloot in die rustigheid […]
Maak ’n draai in Morganbaai
Suid-Afrika se Wildekus is een van die mees ongerepte dele van die land en sy pragtige natuurskoon lok reisigers van heinde en verre. Gxarha, voorheen bekend as Morganbaai, staan as die Wildekus-paradys bekend en dit neem net sowat ’n uur op die goue wig tussen die see en die strandmeer om te besef hoekom so […]
Vakansiehuise op die Tuinroete
Die Tuinroete is een van die gewildste vakansiebestemmings in die land en ons kan verstaan waarom! Dié streek, wat van Mosselbaai na Plettenbergbaai al die langs die kus strek, spog met van die mooiste natuurtonele, insluitend uitgestrekte strande, riviere, ruig plantegroei en berge om te verken. Gedurende die somer is dit lieflik om in die […]
Kom braai hiér
Suid-Afrikaners is oor die algemeen lief vir braai, maar in Septembermaand brand die vlamme ekstra hoog! Erfenisdag word al vir jare lank om lekker braaivleisvure gevier, en LekkeSlaap nooi jou om hierdie Erfenismaand saam met jou geliefdes by een van dié braaiplekke in ons ongelooflike land te kuier. Bushwillow Private Villa Hoedspruit ’n Bosveldvuur het […]
Korbeelhuisies: Wat is hierdie interessante geboue in die Noord-Kaap?
Het jy al ooit deur die Noord-Kaap gery en gewonder wat die huisies wat soos reusebyekorwe lyk doer in die veld is? Wel, vandag vertel ons jou meer van dié unieke Karoo-huisies wat op die vlaktes naby Carnarvon, Fraserburg, Loxton en Williston geskater staan, én wys jou sommer waar jy in van hulle kan gaan […]
Kom proe wyn en slaap oor
Die winter is hier en ons kan aan niks beter dink om te doen as om op ’n prentjiemooi wynplaas agteroor te sit en ’n wynproesessie en goeie geselskap te geniet nie! Één ding wat miskien beter kan wees, is as jy sommer daar op die perseel kan oorbly en nie die kuier kort hoef […]