LekkeSlaap blog
Skrywer: Danielle Terblanche

9 houtvuurwarmbaddens vir die winter
Daar is net íéts omtrent ’n vuur wat gestook word om jou swembadjie te verhit en Suid-Afrikaners is gaande oor hierdie gier! Houtvuurwarmbaddens skep ’n gesellige kuierplek en atmosfeer in die winter én somer en dis juis daarom dat dit so gewild is by talle wegbreekplekke. LekkeSlaap het ’n paar sulke plekke met pragtige houtvuurwarmbaddens […]

Vind uit waar jy ná die inperking moet vakansie hou
Die huidige staat van inperking gee ons die geleentheid om ’n bietjie te droom oor waarheen ons graag wil reis. En die goeie nuus is dat jy ná die nasionale inperking in jou voertuig kan spring en jou droombestemming besoek! Beantwoord dié maklike vrae en sien waarheen jy volgende op pad kan wees.

10 romantiese wegbreke in die berge
Soos gesien op Maroela Media ’n Romantiese wegbreek in die berge omring deur vars lug en onvergeetlike natuurskoon kan wonders vir enige verhouding verrig. Waarom dan nie ’n bietjie tyd afknyp om saam met jou geliefde na die berge te ontsnap nie! LekkeSlaap het na elf afgeleë plekke in die berge reg oor die land […]

’n Spa-wegbreek in elke provinsie
Hetsy jy na ’n bederfnaweek saam met jou geliefde smag of na ’n pamperlangsessie saam met jou vriendinne uitsien ─ daar is ’n spa-wegbreek in elke provinsie nét vir jou! LekkeSlaap het by ’n paar van ons land se beste spa’s gaan inloer, sodat jy net agteroor kan sit en die bederf geniet! Lanzerac Hotel […]

8 Troeteldiervriendelike wegbreke in die Oos-Kaap
Jou hond is jou beste vriend en jy kan jou nie indink om sonder Spottie met vakansie te gaan nie. Dis onmoontlik om hom of haar by die huis te los terwyl jy alte lekker op die strand gaan baljaar. Gelukkig hoef jy nie meer skuldig te voel nie ─ LekkeSlaap het ’n lys verblyf-opsies […]

Voel soos Karoo-royalty by De Zeekoe Guest Farm
Doer in die Klein-Karoo skuil ’n dorp met baie hart, gawe mense, interessante diere, die allermooiste natuurtonele en ’n ryk geskiedenis. Oudtshoorn is bekend vir verskeie redes en LekkeSlaap het op ’n koue wintersnaweek ’n draai in dié Karoodorp gemaak om uit te vind waaroor die bohaai gaan. Ons het omtrent soos Karoo-royalty gevoel vandat […]

OPTOG! ’n Handjievol vrae aan Coenie de Villiers
Min dinge is so mooi soos ’n Karoo-sonsondergang of -vlakte en Coenie de Villiers en Deon Meyer bekoor OPTOG!-gehore reg oor Suid-Afrika met pragtige musiek en stories oor die Karoo! Dié twee manne het elkeen ’n sagte plekkie vir die Karoo, en ek kan nie aan iets beter dink as om hulle unieke uitbeeldings van […]

Sit jou verlof in: Langnaweke en skoolvakansies in 2019
Is jy nog besig om te herstel na die dol feesseisoen? Het jy al vergeet dat jy ooit met vakansie was? Of miskien lê jou welverdiende wegbreek nog voor. Hoe dit ook al sy, 2019 is propvol langnaweke vir wegbreke en jy kan vroegtydig daarvoor beplan met hierdie nuttige gids. Helder Herfs Die eerste vakansiedag […]