Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Danielle Terblanche

Daniëlle is 'n Kaapse meisie wat hou van uitspattig lag, koffie drink en mooi goed afneem. Enigiets in die natuur is vir haar 'n avontuur, veral die see en berge. Sy geniet dit om nuwe plekke te verken en dit met mense te deel. Om te reis is kos vir haar siel en ek sal haar laaste sente daarop spandeer. Danielle voel die lewe is te kort om slegte koffie en rooiwyn te drink, daarom is sy altyd opsoek na plekke waar sy goeie koffie en rooiwyn kan drink. Sy is lief vir Afrikaans en kan die dae verby lees.

Ontmoet die Diere van die Kalahari

Soos gesien op Maroela Media Die meeste Suid-Afrikaners met ’n liefde vir die natuur het al dele van die Kalahari-streek verken en is met gemsbokke, meerkatte en leeus vertroud. Dié enorme woestyngebied beslaan sowat 2,5 miljoen km² en strek vanaf die Oranjerivier in die Noord-Kaap en oor die grootste deel van Botswana tot in Namibië. […]

LekkeVlieg: Welkom aan boord

Het jy al ooit oor ’n vakansiebestemming gedroom wat net ’n bietjie té ver is om heen te ry? Of beplan jy al jare lank aan ’n opwindende wegbreek oorsee? Dan het ons baie goeie nuus: LekkeSlaap stel met trots LekkeVlieg bekend — ’n splinternuwe vlugbesprekingswebtuiste waarop jy nou ook vlugte kan bespreek! Dié webtuiste […]

Kom Proe Smullekker Kase op hierdie Plase

Glo jy die maan is van kaas gemaak? Of dat kaas alles beter laat smaak? Is parmesaan jou pasmaat en brie jou beste pêl? Skuif dan ’n bietjie nader sodat ons jou ’n storie kan vertel … Min dinge is so lekker soos kaas, hetsy dit deel van ’n maaltyd is of op ’n deftige […]

’n Roetereis deur die Suide van Namibië

Eindelose oop vlaktes, lang uitgestrekte grondpaaie, ’n kokerboom elke nou en dan, bekoorlike dorpies en ongerepte natuurskoon… Ons is in die suide van Namibië! Droom jy al lank van ’n vakansie in Namibië of sukkel jy bloot om te besluit waarheen om te mik in hierdie pragtige land? Die suide van Namibië is ’n baie […]

8 Doendinge vir Avonturiers in KwaZulu-Natal

KwaZulu-Natal lok jaarliks duisende besoekers en ons kan maar net raai waarom — die son, see en sand natuurlik! Dié provinsie het immers een van die mooiste en mees gewilde kuslyne, sonskyn regdeur die jaar en die warm Indiese Oseaan wat dit die ideale swemplek maak. Dit loop ook oor van ongelooflike natuurtonele vir opwindende […]

Anderkant die Boereworsgordyn: Kaapstad se Noordelike Voorstede

Miljoene besoekers stroom elke jaar na die Moederstad en met goeie rede – net sowat 25 minute buite die geroesemoes van verkeer en toeriste wag daar heelwat verrassings op jou. Ons praat natuurlik van al die juwele in Kaapstad se Noordelike Voorstede! Dié voorstede bied ’n rustiger lewenstyl as die middestad en legio dinge om […]

Verruil die Stad vir ’n Rustige Riviervakansie

Die somer is in volle swang en daar is nie ’n beter plek om dit te vier as langs die water nie. Suid-Afrika se wonderskone landskap spog met talle riviere wat van die mooiste vakansiebestemmings bied waar jy vir ure lank kan tjoepry, visvang, roei, swem en die rustigheid langs die water geniet! LekkeSlaap het […]

Namakwa-Weskus: ’n Verrassing om elke draai

Blommekyk, oop vlaktes en vriendelike mense is sinoniem met die Namakwa-Weskus ─ dis egter nie al wat in dié streek skuil nie. Die Namakwa-Weskus strek vanaf Doringbaai aan die Weskus tot by Namakwaland se Knersvlakte en is ideaal vir ’n roetereis. LekkeSlaap het dié pragstreek gaan verken en vertel jou graag van al die opwindende […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang