Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Nanje Lourens

Nanje kom van Somerset-Wes af en het haar Nagraadse Diploma in Vertaling aan Universiteit Stellenbosch voltooi. Sy het ’n passie vir taal, veral Afrikaans, en probeer tans haarself Duits en Portugees leer. Sy is lief vir haar familie en vriende, en mal oor reis, kamp, lees en om in die kar te sing wanneer niemand haar kan hoor nie. Eendag sal sy haar grootste droom van haar emmerskoplysie aftiek - om met ’n woonwa deur die Europese platteland te reis.

’n Romantiese wegbreek vir 2 in elke provinsie

Ons land is propvol romantiese blyplekkies en hier by LekkeSlaap verstaan ons maar net té goed hoe moeilik dit kan wees om op net één te besluit. Ons wys jou ‘n romantiese wegbreek in elke provinsie!

Is jy ’n trotse Suid-Afrikaanse teedrinker? Bly dan hier!

Die 16de Januarie is Nasionale Rooibosteedag en om dit te vier, vertel LekkeSlaap jou meer van hierdie trots Suid-Afrikaanse drankie en twee ander tees, heuningbos- en boegoetee, wat ook nét in Suid-Afrika verbou word. As jy ’n regte teeliefhebber is, kan jy ook hier uitvind waar jy kan bly, toer of kuier om meer oor […]

LekkeSlaap se flinkdink-vasvra oor SA

In die motor op pad na jou vakansiebestemming, rondom die braaivleisvuur of in die kombuis besig om reg te maak vir ’n groot feesmaal, hier is ’n paar vrae oor Suid-Afrika wat jou en die gesin aan die dink sal kry. LekkeSlaap daag jou uit om jou kennis oor jou tuisland te toets en dan […]

Dorpie vir dorpie: ’n Roete 62-roadtrip roep

As jou siel na kaal vlaktes, vaal Karoo-bossies en vriendelike plattelandse mense smag, moet jy vir jou ’n Roete 62–roadtrip bespreek. Kom verken dorpie vir dorpie dié besonderse toerismeroete saam met LekkeSlaap.co.za! Roete 62 se majestueuse berge, skilderagtige passe, riviere, wingerde en boorde, én die rits toeriste-aantreklikhede bied besoekers ’n onvergeetlike reis vol avontuur. Die […]

Het jy al van dié SANPark-skatte gehoor?

Moenie soos die jonger, oningeligte ek die fout maak en dink dat ’n SANParke-vakansie altyd uit ’n vaal-bruin grasdakrondawel of ’n geelgras-kampeerplek onder ’n boom in die Krugerwildtuin of Kalahari bestaan nie! Alhoewel dié tipe vakansies hulle eie bekoring het, is daar soveel meer SANParke-opsies met verskillende landskappe en interessante bestemmings om te verken. SANParke, […]

Bosveldvure: 9 Lekke Lodges

Wat is dan nou lekke’der as ’n glasie wyn langs die vuur? As dié vuur in die Bosveld is, natuurlik! Die geklingel van die ys in jou wynglas en die geknetter van die warm vlamme pas darem net perfek saam met die geluide van die bos ná die son saans gaan lê het. Daarom wys […]

Salig en sakpas in een van dié lekke glanskampe

Huis, paleis, glanskamp reg oor die land! Knyp ’n bietjie tyd af en kies koers na ’n plek sonder WiFi en daardie alewige Zoom-vergaderings ─ daar waar niks en niemand jou gaan kan pla nie. Hier by LekkeSlaap het ons net die antwoord op jou moeë stadsiel ─ ’n bekostigbare glanskamp-ervaring in die natuur waar […]

Die Noord-Kaap se mooiste natuurtonele

Die Noord-Kaap ─ dis hiér waarheen jy reis wanneer jy op soek is na stilte en oop vlaktes so ver soos ’n mens kan sien. Omdat dit die grootste en mees ylbevolkte provinsie in Suid-Afrika is, voel die afstand tussen sy dorpe ekstra lank, maar gelukkig spog dit met die pragtigste natuurtonele waarna jy beslis […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang