Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Nanje Lourens

Nanje kom van Somerset-Wes af en het haar Nagraadse Diploma in Vertaling aan Universiteit Stellenbosch voltooi. Sy het ’n passie vir taal, veral Afrikaans, en probeer tans haarself Duits en Portugees leer. Sy is lief vir haar familie en vriende, en mal oor reis, kamp, lees en om in die kar te sing wanneer niemand haar kan hoor nie. Eendag sal sy haar grootste droom van haar emmerskoplysie aftiek - om met ’n woonwa deur die Europese platteland te reis.

9 Kuierplekke naby die Krugerwildtuin se hekke

Wat is dan nou lekke’der as ’n wildkyk-vakansie in die winter? Jy’s vroeg uit die vere en vat die pad nog voor die son heeltemal agter die koppies verskyn. Met ’n kombersie oor die knieë, ’n beker vuurwarm koffie uit die koffiefles en ’n beskuitjie om die ergste ontbytpyne te stil, sit jy byna met […]

LekkeSlaap vind die Karoo-hemel by Wildehondekloof

Die Karoo het nou maar net sy manier om ’n mens weer mens te laat voel. Dis asof die oop vlaktes en die groot niet jou weer aan die dink sit ─ nie soos in die stad waar jou warrelwindgedagtes tussen die wolkekrabbers gaan vassteek en die getoeter en rumoer jou denke onhoorbaar demp nie. […]

’n Naweek wink in die Witzenbergvallei

’n Mens kan verstaan waarom daar gereeld na Witzenberg as die “Vallei van Oorvloed” verwys word. Dié vallei strek oor drie streke: Tulbagh en Wolseley val onder die Boland, Ceres en Prince Alfred Hamlet vorm deel van die Warm Bokkeveld, en wanneer jy in Op-die-Berg aankom is jy al weer in die Koue Bokkeveld! Watter […]

50 Jaar Later: Nuwe Opskudding oor Tulbagh se Aardbewing

Soos gesien op Maroela Media. Toe Oom Koos dáái namiddag terugstap huis toe en sy hond hom nie soos gewoonlik al ’n entjie in die pad af kom haal nie, het hy geweet iets is nie pluis nie. Dié iets sou toe in die mees vernietigende aardbewing wat Suid-Afrika al getref het ontaard en het […]

Raak só van jou post-vakansiemismoed ontslae

Dis die ideale vakansie: Jy lê iewers op die strand met ’n mengeldrankie in die hand en die son bak vuurwarm op jou rug terwyl jy die ander toeriste om jou lui-lui van agter jou sonbril bekyk. Maar dan skop die realiteit in ─ die vakansie is verby en jy staan maar swaar uit jou […]

OPTOG! ’n Handjievol vrae vir Jak de Priester

Dié week reis OPTOG! se kombi’s al die pad vanaf Rustenburg tot in Stellenbosch en sterre soos Nataniël, Deon Meyer en Coenie de Villiers sluit by dié toer aan om gehore wyd en syd te vermaak. Jak de Priester tree die 21ste Februarie in Tzaneen in Limpopo op en LekkeSlaap het met hom gesels voor […]

Jou Gids tot Groot 5-kyk

Soos gesien op Maroela Media Daar is darem min dinge so lekker soos ’n koue wintersoggend in die Wildtuin met ’n fles stomende koffie in die een hand en ’n verkyker in die ander. Maar wanneer jy teen sononder steeds nie die ontwykende leeu of luiperd raakgesien het nie, is dit natuurlik ’n ander saak. […]

Alle spore lei na Elgin: ’n Naweek in die Appelvallei

Elgin is beslis meer as net “die plek waar die appels vandaan kom”. Alhoewel dié Overbergdorpie bykans 60% van ons land se appels voorsien, is dit die wynlandgoedere in dié streek wat deesdae op almal se lippe is. Die ligging tussen die berge en naby die see gee dié streek die koelste klimaat van al […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang