Successfully reported

LekkeSlaap blog

’n Aand van Franse romanse by Franschhoek Country House & Villas

Franschhoek Country House & Villas skuil aan die buitewyke van Franschhoek; ver genoeg van die dorp se gedruis, maar naby genoeg om die strate per fiets te verken.

Eerder Bang Jan as Spyt Jan: Veiligheidswenke vir die vakansie

Volgens StatsSA het Suid-Afrika oor die afgelope paar jaar toenemende vlakke van misdaad gesien, maar gelukkig hoef dié realiteit nie jou vakansieplanne kort te knip nie. Loer gerus na LekkeSlaap se veiligheidswenke om ’n streslose vakansie te verseker.

Lekke gesinsvriendelike aktiwiteite in Kaapstad

Kaapstad is bekend vir die berg, inkopies by die V&A Waterfront, museums en koffiewinkels. Dit is alles grootmens-aktiwiteite wat ’n kind nie sal bekoor nie. Kaapstad bied egter ook pret vir gesinne! Kom kuier in die Kaap en geniet aktiwiteite soos die akwarium, Houtbaai se Clay Cafe, Drieankerbaai se putt-putt, Groenpuntpark se groot oop spasies […]

Kies dié plekke vir jou volgende naweekwegbreek naby Gauteng

Partykeer is ’n mens lus om ná ’n besige week net vinnig te gaan en asem te skep en hoewel Gauteng dikwels ’n gewoel en gekrioel is, is daar talle rusplekkies waarheen jy kan ontvlug. LekkeSlaap het ’n verskeidenheid wegbreekplekke in die bos, op die plaas en teen die berg gaan soek om jou volgende […]

Son, see, Struisbaai: Só lyk dit op die mees suidelike punt van Afrika!

Op die mees suidelike punt van Afrika, daar waar die Indiese en Atlantiese Oseaan ontmoet, sal jy ’n bekoorlike dorpie met die naam L’Agulhas aantref. Die pad na dié bestemming lei jou deur Struisbaai, ’n geliefde vakansiedorp bekend vir sy skitterwit strande, kleurvolle vissersbootjies en bobaas-hengelplekke. Menigte vakansiegangers stroom elke Desembervakansie hierheen en dit is […]

Skakel sonder beurtkrag by dié “off the grid”-blyplekke af

Daardie kennisgewing op jou foon beteken gewoonlik net een ding: Dis weer tyd vir beurtkrag. Dié gebeurtenis is aan Suid-Afrikaners so bekend soos braaivleis en biltong, maar tog vang hy ons telkens sonder kerse, planne vir aandete of ’n TV om die naweek se sport op te kyk. LekkeSlaap het dit dus goedgedink om ’n […]

Vakansiehuise op die Tuinroete

Die Tuinroete is een van die gewildste vakansiebestemmings in die land en ons kan verstaan waarom! Dié streek, wat van Mosselbaai na Plettenbergbaai al die langs die kus strek, spog met van die mooiste natuurtonele, insluitend uitgestrekte strande, riviere, ruig plantegroei en berge om te verken. Gedurende die somer is dit lieflik om in die […]

Paradysverblyf aan die subtropiese Hibiskuskus

Die Hibiskuskus skuil aan die einde van KwaZulu-Natal se Suidkus, net noord van die Wildekus, en is sowat 90 minute se ry vanaf Durban. Die warm Mosambiekse stroom wat hiér verbyvloei komplementeer die subtropiese klimaat en sorg heel jaar lank vir ’n vakansie-geleentheid aan die kus vir dié wat op soek is na son, sand […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang