LekkeSlaap blog
Bergfietsnaweke vir Gautengers
Is jy dalk lus vir ’n avontuur naby die huis? Dan is dit nóú jou kans, want LekkeSlaap het gaan ondersoek instel en ’n rits bestemmings naby Gauteng gaan soek waar jy ’n behoorlike naweek van jou bergfiets-uitstappies kan maak. So, stof jou baaisiekel af, laai hom in die kattebak en kom trap saam met ons. […]
Smul by dié 7 stasie-restaurante
Verlang jy na die dae van aansit vir ete op ’n trein, die oorverdowende fluit van een wat nader kom, of dalk die geluid van die wiele wat kap-kap onder jou sitplek? Goeie nuus: LekkeSlaap het ontdek waar jy dit en nog meer weer kan beleef. Ons wys jou waar jy weer op die perron […]
5 doendinge vir ‘n onvergeetlike Valentynsdag in Gauteng
Die Valentynsgevoel is tasbaar in die lug ─ die winkelrakke kreun al onder bosse bloedrooi rose, vonkelwyn, sjokoladebederfies en wollerige teddiebere. Daar word wyd en syd piekniekmandjies gereël en romantiese wegbreekplekke bespreek. As jou Valentynsdag vanjaar ’n Gautengse draai maak, het LekkeSlaap vyf voorstelle vir lekker doendinge om jou wederhelf mee te bederf. Loer gerus […]
5 Redes om die Drakensberge te besoek
In die skadu van ’n kolossale berg kry ’n mens só vinnig perspektief op die lewe. Liewe Heidi en haar skaapwagtermaatjie, Peter, het hierdie lewenswaarheid al te goed verstaan, en ons het omtrent almal as kinders saam met dié twee gejodel. Hoewel ons nie in Suid-Afrika in die Alpe kan rondhuppel nie, bied ons land […]
Kom ons besing ons land se strande …
Dis maklik om ons land se skilderagtige strande in ons ryke taal te besing ─ van Paternoster tot Plettenbergbaai raak bekende Afrikaanse sangers liries oor sand en see. Soms bring die oseaan verlange, maar meestal is die strand propvol pret en plesier. Daarom het LekkeSlaap vyf gewilde strande gekies wat in keurige Afrikaanse lirieke beskryf […]
Wanneer is die beste tyd om jou Desembervakansie te bespreek?
Soos gesien op Maroela Media. Die Desembervakansie is verby, die kinders is terug in hul skoolbanke, en jy skuif alweer agter jou lessenaar in. Min dinge maak mens meer lus vir ’n vakansie as kopseerdae op kantoor. Jy het skaars jou tasse uitgepak en die sand uit jou swembroek gewas, maar jy verlang alreeds na […]
Onthoulysie vir ’n KAMPioenwegbreek …
Die helfte van die somer lê nog voor, so dis tyd om daai tentpenne af te stof en die natuur in te vaar. Gewone vakansiegangers hoef slegs te dink aan kos en klere, maar ’n kampeerder moet heelwat meer inpak om te verseker dat kamp nie ’n ramp is nie. Wat moet jy alles onthou? […]
’n Lekke gids tot 10 van SA se top-kushengelplekke
Soos gesien op Maroela Media. Suid-Afrika is geseën met duisende kilometers se kuslyn en ’n oorvloed bobaas-visvangbestemmings. Tog is dit soms moeilik om by te bly met al die reëls ─ die wanneer, waar en hoeveel van hedendaagse hengel. Hengelregulasies word al hoe strenger, en met goeie rede ─ die see en al sy spesies […]