Verified Reviews
Escape From Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escape From Cape Town
Rated 4.6 out of 5 based on 28270 reviews.
Jacobs Bay, Escape From Cape Town
Allview Holiday Apartments"Baie mooi, rustig en ongerep. Weer maar onvoorspelbaar!"
Witsand, Escape From Cape Town
Breede River Lodge"Witsand is fantasties as jy hou van watersport, veral kitesurfing. My dogter het dit vreeslik geniet en die lesse by Breederiver Lodge is regtig goed. Maar as 'n familiestrand is daar baie, baie beter opsies. "
Wellington, Escape From Cape Town
La Rochelle"As Bolandse dorp is Wellington die middelpunt, om die res van die Bolandse dorpe te verken! Onvergeetbare ervaring!"
Yzerfontein, Escape From Cape Town
Anna se Huis"Yzerfontein is vir ons gerieflik naby vir wegbreek (woon in Bellville), beskik oor 'n Spar wat aan al die koopbehoeftes voldoen en het vriendelike personeel. Die apteek is 'n noodsaaklikheid en lewer goeie diens. Die roete langs die eerste see, hawe en tweede strand bied 'n maklike staproete. Ons is verlief op Yzerfontein."
Jacobs Bay, Escape From Cape Town
Weskushuis"Jacobsbaai is 'n pragtige klein dorpie, perfek vir as jy 'n stil wegbreek soek. Almal is baie vriendelik en daars groter dorpe naby genoeg as jy iets wil koop."
Swellendam, Escape From Cape Town
Wolfkloof Boerdery"Lekker klein dorpie. Die Drostdy Museum is 'n defintief vir enige iemand met 'n belangstelling in geskiedenis."
Montagu, Escape From Cape Town
De Erf Cottage"Volgende keer kuier ons langer. Te veel om te sien en doen."
Paternoster, Escape From Cape Town
Selfsorg Not available"Nie baie om te doen nie, maar somtyds is niksdoen ook 'n bonus. Lekker gerus."
Britannica Heights, Escape From Cape Town
Elm Tree Guest Farm"Lieflike ongerepte see, skoonheid om rustig te ontspan."
Melkbosstrand, Escape From Cape Town
Melkbos Gem"Melkbosstrand is baie gerieflik en dit was baie lekker! Ek sal enige tyd weer daar vakansie gaan hou! "
Saldanha, Escape From Cape Town
La Capitaine"Rustig en kalm atmosfeer. Bring daardie rustigheid en kalmte in jou gemoed. Net wat jy nodig het na 'n besige jaar."
Hermanus, Escape From Cape Town
Hermanus Beach Club Unit 194"Beautiful town and will definitely go back again."
Witsand, Escape From Cape Town
Beachfront Self-catering Accommodation"Wonderlike vakansiebestemming."
Paternoster, Escape From Cape Town
Neptunus 1"Die kreefverkopers klim te gemaklik in die erwe in en mens voel bedreig. "
Redelinghuys, Escape From Cape Town
Affi Plaas"Redelinghuys is good as a stop over town. Cemetery and church is worth a visit but really not much to do there."
Caledon, Escape From Cape Town
Caledon Lê Plekkie"Dit is 'n interessante plek, baie stil en rustig en iets besonders as dit jou eerste keer is dat jy die plek besoek."
Langebaan, Escape From Cape Town
Rosemary Cottage"Die weer was nie so aangenaam nie, maar dis maklik die mooiste plek ooit."
Port Owen, Escape From Cape Town
LaShalom Self-catering"Dit was vir ons 'n baie interessante area om te ondersoek. Ons het Tollies se River Cruise baie interessant gevind asook al die klein kusdorpies in die omgewing."
Suiderstrand, Escape From Cape Town
Then Sings My Soul"Die grondpad is nie lekker om te ry nie, veral as jy nie 'n bakkie of SUV het nie. Daar is ook nie 'n swemstrand naby nie. Andersins mooi en nog nie oor-ontwikkel nie. "
Franskraal, Escape From Cape Town
Franskraal Seafront Accommodation"Franskraal is 'n pragtige dorp met baie skoon strande. Ongelukkig word Seaview Drive ontsier deur menige raserige duinebesies en bakkies wat doelloos op en af jaag. Oorweging sal definitief gegee moet word aan spoedhobbels in Seaview Drive."
Robertson, Escape From Cape Town
Petal's Place"Dit is die mooiste dorp tussen die wynlande. Baie lekker om net te ontspan of 'n dag of twee te oornag wanneer jy die lang pad Kaap toe aandurf."
Paternoster, Escape From Cape Town
Gilcrest Place Guest House"Wat regtig pla, veral oor naweke, is kinders wat bedel in besigheids-hub en gedrinkte volwassenes in besigheids-hub. Groot probleem in die algemeen en wat ontstellend is, is die groot getal verwaarloosde honde in die area."