Geverifieerde Resensie
Gansbaai
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gansbaai bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1244 resensies.
"Very limited choice of restaurants - a coffee shop like at De Kelders would have been nice, but I found it too late! However, the seafood at The Boathouse Restaurant was fresh and excellent! Tourist information office has interesting and informative exhibits and very friendly service."
"Oom Piet se plek is uitstaande in Gansbaai. Als wat nodig is was in Gansbaai."
"'n Klein kafee met die basiese benodigdhede sal great wees. Om na Spar toe te ry is net bietjie te ver om te stap aangesien ek orals wou stap."
"Rustige "dorpie" atmosfeer. Nie juis veel plek vir kinders om per fiets rond te ty nie, (maar mens kry mos nie alles in een slag nie); stap afstand tot by strand is niks om oor bekommerd te wees nie aangesien dit op die drumpel is."
"Alles wat mens nodig het vir 'n naweek se wegbreek is daar, of naby genoeg. Mal oor Franskraal."
"Gansbaai is 'n gesellige dorp. Dit voel glad nie soos 'n toeristebestemming nie. Franskraal en De Kelders voel meer so a.g.v. die vakansiehuise. Gansbaai het meer gevoel soos 'n dorp met hul "locals", maar dit maak nie mens se ervaring enigsins sleg nie. Ons het wel baie lank gewag vir ons kos by 'n spesifike restaurant, maar die kos was die moeite werd. Die ander plek waar ons loop eet het, was weer baie vinnig met net net sulke heerlike kos, so Gansbaai met sy verblyf en restaurante kan vir enigiemand aanbeveel word."
"Large spar 5 min away in Gansbaai. Pretty area. Great for walks. Even saw whales in May. "
"Pragtige kusdorp met baie hoekies en staproetes. So baie om te doen en naweek net te kort."
"Pragtige natuurskoon, rustig - heerlike plek om van al die gewoel en stres ontslae te raak."
"Asemrowende rotspoele by die strand, dit is ongelooflik hoe die natuur nog bewaar is in die area. "
"Rustig en vreedsaam. Lekker plek vir Birding, stappies, draffies en fietsry!"