Geverifieerde Resensie
Komatipoort
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Komatipoort bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 123 resensies.
"Komatipoort itself is not a travel destination but it is a convenient base for accessing the Kruger Park or Mozambique."
"Ek dink die trokke wat daar staan doen baie skade aan Komatipoort as toeristebestemming."
"Die paaie kort werk. Maar daar is vordering. En die hele land het pothole probleme."
"Komatipoort is nog 'm ontwikkelende dorp en daar is nie baie vir toeriste om in die dorp self te doen nie, maar dis wel 'n baie gemaklike bestemming om besienswaardighede rondom die dorp te besoek."
"It's a quaint little town with close access to Mozambique and the Kruger National Park. Lots of nice resorts and getaways nearby."
"Komatipoort is naby Krokodilbrug - Kruger Nasionale Park en naby die grens na Mosambiek."
"Niks om te doen in Komatipoort nie, maar lekker geleë by wildtuin en lekker restaurante."
"We travelled from KZN and found that Komatipoort is a typical border/transit town with a bustling main road. The first restaurant we went to, Tamborina, was horrifically overpriced so we got up and left! We went to the restaurant at the golf club and had a great evening there. The golf club has a spectacular setting on the river and the food and service were excellent."
"Regtig 'n baie lekker oornagplek naby die wildtuin asook die Mosambiekgrens, die eienaar was so gaaf om vir ons 'n alternatiewe pad te verduidelik om by die lodge uit te kom om die vreeeslike lang ry trokke wat wag om oor die grens te gaan te vermy."
"Komatipoort is 'n pragtige area, trokke wat oor die grens gaan is wel volop. Komatipoort is die tyd van die jaar mooi groen."
"Komatipoort het baie agteruit gegaan met die hordes trokke en treine wat daar deurgaan in die nag en dag. Die geraas deur die nag is 'n malligheid."
"Not the prettiest town, but the lodges and restaurants are great. Usually great game viewing in Kruger from the Croc Bridge gate."
"Komatipoort is skoon, netjies, vriendelik en net eenvoudig fantasties. Sal beslis weer daar gaan kuier."
"Toegangsroete na die perseel is bietjie moeilik as gevolg van die "dry port" se ongelooflike besige area, ongelooflike baie trokke wat daar staan en wag om hul papierwerk te kry, maar ek was baie mooi gehelp om die paaie te navigeer."
"Soos enige plek in SA het hulle maar hulle mooi gedeeltes en dan nie so mooi en onveilige gedeeltes. Maar die gasheer van die gastehuis het ons verwys na die gholf klub wat pragtig was. Hulle is geleë reg langs die Krokodilrivier en ons het daar ons aandete geniet terwyl ons na die visarend en krokodille kon kyk."