Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 28270 resensies.
Struisbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
StruisVogel"Lieflike klein dorpie, vriendelike mense, die hawegedeelte was populêr en die mense het dit baie geniet."
Kleinmond, Ontsnap Uit Kaapstad
Ohana"Pragtige skoon dorp. Heerlike eetplekke, alles tot jou beskikking."
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
Bergview Guesthouse Swellendam"Pragtige dorpie met baie te doen en baie restaurante. Republic Swellendam beveel ek gewis aan."
Gansbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Rest a While"Daar is so baie om te doen en sien. Dis naby Kleinbaai, Franskraal, Uilkraal en Hermanus. Baie gerieflike en gemaklike vakansiebestemming met alles naby."
Struisbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Two Oceans"Ons love Struisbaai en alles om dit! 'n Stukkie hemel op aarde."
Gansbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Ouma se C Huisie"Ons het Gansbaai, De Kelders vir die eerste keer besoek en was baie beïndruk met die dorpie. Ons was in Gansbaai self ook. Die see slaan jou asem weg so mooi is dit. Ek sal beslis weer Gansbaai toe gaan."
"Het die dorp op 'n vorige geleentheid besoek, is vol geskiedenis, en pragtige plekke en geboue. Sal beslis aanbeveel om te besoek."
Barrydale, Ontsnap Uit Kaapstad
Little Karoo Dream"Soveel besienswaardighede so gee jouself genoeg tyd. Tradouwpas is 'n absolute moet."
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
The Water House"Hermanus is a lovely area and we had a great lunch one day at Plaaskombuis and enjoyed the food, entertainment and atmosphere at De Vette Mossel for Sunday lunch. We also visited Stanford and relaxed on a river cruise on the Lady Stanford."
Vredenburg, Ontsnap Uit Kaapstad
Lochnest"The town has developed enormously, the people are so welcoming and friendly and this is definitely a fast-developing holiday destination."
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Hermanus Guest Rooms"Hermanus is 'n pragtige dorp en ideale vakansie bestemming met baie om te doen."
St. Helenabaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Onze Uitzicht"Pragtige dorp, was baie beïndruk met ons eerste besoek aan St. Helenabaai. Het die Weskus baie geniet en wil vir seker volgende jaar baie graag weer teruggaan."
"Our stay was short as we attended a wedding, but I'm sure Paarl would make a lovely stay."
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Kaijaiki Country Inn and Restaurant"Yzerfontein is beslis ons keuse vir verdere aftrede. Strand is so mooi en skoon en die omgewing pragtig. Beplan beslis om so oor 4 jaar daar te koop."
Stilbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Beachouse on Gordon"Puik! Lieflike klein dorpie met alles wat jy verwag van 'n klein kusdorpie. Silwerskoon strande. Vriendelike mense. Baie veilig en jy kan heerlik oral stap op veilige wandelpaadjies."
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
50 White"Indien mens tyd het om rond te ry, is Springfield Wine Estate en Esona Boutique Wines op die R317 na Bonnievale definitief die moeite werd. Ons het heerlik by Four Cousins in Robertson geëet!"
Arniston, Ontsnap Uit Kaapstad
De Kock Flat Arniston"Dit is net baie jammer om te verneem dat die bootvissermanne nie kan gaan visvang nie omdat hulle 'n permit moet bekom wat hulle nie kan bekostig nie. Mense moet kos hê om van te lewe en hulle munisipale dienste moet betaal word. Dit sit druk op die res van die gemeenskap. Mense is geneig tot diefstal wanneer hulle swaarkry en Arniston kan nie diefstal toelaat nie."
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
It's Practical Holidays"Hermanus is Mediterreens, en fastiese staproetes, restaurante en besienswaardighede."
Stanford, Ontsnap Uit Kaapstad
Die Ruskamer Cottage at In the End"Lekker atmosfeer in die dorp. Maandeinde-mark baie geniet."