Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 28270 resensies.
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Zabdiel Units"Pragtige dorpie. Skoon lug, kilometers ongerepte strande en see. Awesome! "
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Fisherhaven Traveller's Lodge"Hermanus is 'n pragtige en lieflike dorp. Ek en my man het 'n tydjie by die see spandeer en dit terdeë geniet. Het lieflike foto's geneem met die agtergrond van die see in sig."
Melkbosstrand, Ontsnap Uit Kaapstad
Watersedge 3"Rustige dorpie met 'n baie lekker strand om op te gaan stap."
Die Boord, Ontsnap Uit Kaapstad
Magnolia Place Stellenbosch Guest House"Lekker sentraal in Stellenbosch."
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
Randrivier Guesthouse"Pragtige dorp met baie om te sien en te doen."
Port Owen, Ontsnap Uit Kaapstad
Mandoryn Nege"Lekker sentraal! Langebaan, Saldanha en Dwarskersbos is lekker naby vir daguitstappies."
Struisbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Vidi's Place"Seagull's Restaurant is the best place in town, great food and a nice vibe! Struisbaai has white beaches and nice places to swim, great place to visit overall. "
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
12 Main Road"Wonderful small town with everything you need for a great family weekend or holiday."
Sandbaai , Ontsnap Uit Kaapstad
Ocean Song Self Catering"Ons was aangenaam verras hoe Sandbaai uitgebrei het. Die dorp is netjies en sekuriteit sigbaar. 'n Aanwins is die voetpad om seelangs te stap. Sandbaai is 'n goeie vertrekpunt na omliggende strande."
Vredenburg, Ontsnap Uit Kaapstad
Vredenburg Boutique Lodge"Nie baie om te sien/ervaar in gebied nie, maar baie veilig en privaat!"
Kleinmond, Ontsnap Uit Kaapstad
'Die Rotse' Host House"Dit is 'n lieflike plek waar mens nog vrylik kan asemhaal. Die see se water is natuurlik yskoud, maar die uitsig as jy op die strand is maak op vir die koue water! Ons het 'n paar keer by verskillende restaurante geëet wat baie lekker was. Van die plekke by die hawe se kombuise maak 20:30 al toe (ek dink dis vroeg vir die Kaap waar dit eers 20:00 donker is!) en dis jammer dat daar nie meer van die omgewing se wyne op die spyskaarte is nie. Kleinmond is 'n plek vir ontspan!"
Melkbosstrand, Ontsnap Uit Kaapstad
Bontkop B&B"Definitief 'n lekker aftree-dorpie. Die inwoners is baie vriendelik en laat mens soos een van hul voel, tuis!"
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
See @ Sea"Lekker vakansie-dorpie veral as jy die mooi strandmeer kan gebruik vir roei, bootry, visvang, ens."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Astrandt 3"Paternoster steel jou hart en siel in een dag. Die eevoud en vriendelike mense laat jou onmiddellik tuis voel en sonder sorge. Hier gaan dit oor goeie kos, menslikheid en die son op jou gesig en seesand tussen jou tone."
Kleinmond, Ontsnap Uit Kaapstad
35 at DF Strauss Street"Wat my en my vrou se oog getref het was die netheid van die dorp."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Strandlopertjie"Paternoster, 'n juweel op die Weskus, sal oor en oor soontoe gaan!"
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Friend's Goodwill House"'n Besonderse unieke dorpie. Baie romanties en perfek vir diegene wat hou van seekos, braai, stap en volkome ontspan."
L'Agulhas, Ontsnap Uit Kaapstad
Coast B&B"A tourist destination ideal for lots of outdoor activities."
" Hermon omgewing is sentraal geleë, as jy die volgende plekke in 'n kort tydjie wil bereik: Malmesbury, Tulbagh, Riebeek-Kasteel, Riebeek-Wes en Wellington."
St. Helenabaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Goblin's Creek"Nog ontwikkeling nodig, met winkels baie beperk (moes Vredenburg toe ry vir 'n swembroek). Maar as jy stilte soek is dit ideaal."
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Windtown Lagoon Hotel"Langebaan is a wonderful holiday destination especially for your kite surfers. But also for people who love nature and the outdoors. One of my favourite places on the West Coast."