Geverifieerde Resensie
Saldanha Bay Local Municipality
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Saldanha Bay Local Municipality bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 741 resensies.
"Besides Jacobsbaai, many of the other towns need attention given to litter and general cleanliness and public maintenance."
"Our visit to Paternoster was disappointing - litter and lack of maintenance shocking."
"Kan julle asb. die omliggende areas se gemors laat optel en skoonmaak asb. Dalk 'n gemeenskapsprojek instel waar die gesin met die meeste gemors 'n ete by Sandstone of Cup of Cake gratis kry?"
"Mooi en skoon strande. Voertuie met uitlaatstelsels wat lawaai en soms aan resiesbaan laat dink in Langebaanhoofstraat is nogal steurend."
"Saldanhabaai self is nie 'n gunstelingplek nie, maar ander plekkies om dit - Langebaan, Paternoster en ander omliggende dele baie mooi."
"Sal dit aanbeveel om jouself weer te ontdek en vrede vir jou siel te kry. Soveel om te doen."
"Die Weskus is 'n pragtige plek, koop vars mossels en braai vis, geniet die sonsondergange."
"Blyk in orde te wees. Redelik netjies in en om die area. Die mense is baie vriendelik en behulpsaam. Ons het gevind dat die paaie goed onderhou is."
"Ons het nie die hele area beleef nie, maar wat ons gesien het en waar ons gebly het, het ons persoonlik geniet. Dit was stil, en lekker."
"Die dorp is mooi skoon langs in die hoofroetes, ten spyte van die wind wat papiere en rommel rondwaai. Bietjie meer parkeerplek in die omgewing van Pearly's sal baie help, veral lang parkeerplekke wat ’n motor en bootsleepwa kan akkommodeer."