Geverifieerde Resensie
South Coast Whale Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in South Coast Whale Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2480 resensies.
Kleinmond, Suidkus Walvisroete
Mondche"Kleinmond is my gunsteling plek! Jy kan ook heel goed regkom daar sonder 'n voertuig. Daar is allerlei lekker restaurante reg op die kus, pragtige wandelpaaitjies en die strand is beeldskoon. Ek sal enige tyd teruggaan!"
Franskraal, Suidkus Walvisroete
Thyshuis Self Catering"Pragtig, onbesoedel, rustig, wonderlike mense wat net heeltyd reg is om 'n geselsie aan te knoop. Die wonderlikste natuurskoon. 'n Lafenis vir 'n moëe siel."
Bettysbaai, Suidkus Walvisroete
Heaven's Door"Will definitely be back with the family and/or friends."
Kleinmond, Suidkus Walvisroete
Flatlet Peaceful"Pragtige plekkie,baie om te sien en doen en nog steeds so rustig."
Franskraal, Suidkus Walvisroete
Kormorant Apartment"Ons sal Franskraal oorweeg vir aftrede. Groeneweide en Kuslangs se kos was absoluut heerlik en waarde vir geld. 'n Koffie winkel met 'n uitsig oor die see en ligte middagetes daar sal absoluut heerlik wees."
Sandbaai , Suidkus Walvisroete
Sandbaai Cottage"Sandbaai, Onrusbaai, eintlik die hele strand gebied is puik. Die restaurant by Stanford is 'n moet."
De Kelders, Suidkus Walvisroete
The Roundhouse"De Kelders is 'n aangename rustige area by Gansbaai en ons sal graag weer daar wil gaan kuier. "
Bettysbaai, Suidkus Walvisroete
Lazy Ways Cottage"Bettysbaai het 'n pragtige Botaniesetuin met staproetes, 'n massiewe duin, lang kus wandelweë en is heerlik stil. Beslis 'n besoek werd."
Kleinmond, Suidkus Walvisroete
Blinkwater"Heerlik rustig met uitstekende restaurante, interessante winkeltjies en pragtige wandelroetes!"
Sandbaai , Suidkus Walvisroete
Schulphoek House"Nice, quiet residential town in quick driving distance of Hermanus. There is a informal settlement nearby that gives one concern about security, but the hotel has very good security. We had a lovely relaxing time in this beautiful spot."
Pringlebaai, Suidkus Walvisroete
Tranquillity Heights"Pragtige kusdorpie. Ons het heerlike garnale geëet by Hook Line and Sinker!"
Bettysbaai, Suidkus Walvisroete
Rustic Beach Cottage"Baie rustige plekkie met ongelooflike uitsigte "
Pringlebaai, Suidkus Walvisroete
Sugarbird House"Blykbaar geen waterskaarste. Net 1 uur vanaf Kaapse lughawe. "
"Rustigheid van 'n klein dorpie, maar naby genoeg aan die geriewe en voordele wat Hermanus bied."
Sandbaai , Suidkus Walvisroete
Kure Kure Accommodation"Beautiful area, beach was close and close to everything I wanted to do. Overall, I love the area."
Franskraal, Suidkus Walvisroete
Uilenkraalsmond Cabin 508"Een van ons gunstelingplekke, my hart lê daar."