Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Kaart

Geverifieerde Resensie

South Coast Whale Route

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in South Coast Whale Route bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2480 resensies.

Kleinmond, Suidkus Walvisroete

Lekkerus

"Ons eerste keer in Kleinmond en definitief nie die laaste keer nie. Wat 'n pragtige dorpie met pragtige vriendelike mense."

Bettysbaai, Suidkus Walvisroete

Fijnbos Manor

"Gaan doen die staproete by die Harold Porter Botaniese Tuine. Pragtig."

Vermont, Suidkus Walvisroete

Le Whale

"The beach is amazing."

Kleinmond, Suidkus Walvisroete

Kleinmond Panorama Holidays

"Parkering in Desember is bietjie van 'n probleem by die eenheid want daar was te veel karre en gelukkig het ons besluit om nie ons boot saam te vat nie want daar was glad nie plek om boot te parkeer nie."

Bettysbaai, Suidkus Walvisroete

Bucaco Sud

"Ons besoek aan die Kaap was 'n eerste en Bettysbaai was ideaal geleë om baie verskillende plekke te besoek en dis nie te ver om te ry nie. Rustige, stil dorp en vir iemand wat moeg is vir die stadslewe en rustig wil raak in jouself is die dorpie ideaal. Netjies en skoon."

De Kelders, Suidkus Walvisroete

Amazing Grace B&B

"Baie mooi en rustige plek. Gansbaai is net 'n klipgooi verder as jy voel dat dit 'n bietjie te stil in De Kelders is. "

Kleinmond, Suidkus Walvisroete

Lekkerus

"Kleinmond is die mooiste seedorpie, rustig, baie sentraal en het alles wat jy kan nodig kry."

Voëlklip, Suidkus Walvisroete

303 7th Street

"Hermanus en Voelklip is 'n pragtige bestemming en ek sal dit enige tyd aanbeveel."

Onrus, Suidkus Walvisroete

Onse Onrus Huisie

"Baie lieflike en rustige omgewing. 'n Moet om te besoek."

Voëlklip, Suidkus Walvisroete

Home Grown

"Die mooiste strande lê teen Voëlklip!"

Kleinmond, Suidkus Walvisroete

Bateleur Holiday Home

"Baie oulike strand en geniet die hawe area baie."

Franskraal, Suidkus Walvisroete

Klein Begin

"Baie netjies en stil. Ons sou graag met vrymoedigheid die honde op 'n gedeelte van die strandgebied laat rondhardloop."

Voëlklip, Suidkus Walvisroete

Summerwood

"Voelklip is een van die top vakansiebestemmings in Suid-Afrika, kransstappad, pragtige strande, berg om te verken. Ek voel my jong tienerkinders kan hier nog veilig en onbevange speel en kinders wees."

De Kelders, Suidkus Walvisroete

Amazing Grace B&B

"Absoluut pragtig en die walvisse gee gereeld 'n vertoning in die baai. Voëlkykers sal dit ook baie geniet."

Kleinbaai, Suidkus Walvisroete

Great White Accommodation

"Kleinbaai is 'n wonderlike stil geleë plekkie teen die kus by die hawe. Mense is vriendelik en laat mens beslis welkom voel."

Onrus, Suidkus Walvisroete

Onse Onrus Huisie

"Baie gemaklik en baie om te sien en te doen in en om die omgewing."

De Kelders, Suidkus Walvisroete

Cliff House

"Klein stil kusdorp net die regte medisyne om die jaar mee af te sluit. "

Bettysbaai, Suidkus Walvisroete

De Kraal 2614

"Baie stil en rustig as ander plekke te besig is."

Rooi-Els, Suidkus Walvisroete

Orutjaveva in Rooiels

"Be baboon-wise as there are many all around Rooi-Els. "

De Kelders, Suidkus Walvisroete

On the Rocks B&B

"Baie skoon en rustige omgewing."

Pringlebaai, Suidkus Walvisroete

Pringle Rock

"Pringlebaai is baie mooi en het lekker plek vir fietsry."

Bettysbaai, Suidkus Walvisroete

Cyara

"Bettiesbaai en omgewing, 'n snoesige plekkie waar daar liefde en vrede in die lug hang en waar die seemeeue en die see en hul mense jou gasvry, vriendelik en hartlik ontvang."

De Kelders, Suidkus Walvisroete

Ebbe Flut

"Stunning, stunning plek. lekker rustig."

Franskraal, Suidkus Walvisroete

Thyshuis Self Catering

"Heerlik rustig, met nodige geriefswinkels, wassery beskikbaar en natuurlik die lieflike see-uitsig!"

Franskraal, Suidkus Walvisroete

Franskraal Seafront Accommodation

"Franskraal is 'n pragtige dorp met baie skoon strande. Ongelukkig word Seaview Drive ontsier deur menige raserige duinebesies en bakkies wat doelloos op en af jaag. Oorweging sal definitief gegee moet word aan spoedhobbels in Seaview Drive."

Bettysbaai, Suidkus Walvisroete

Umoya Romantic Getaway

"Bettysbaai is my gunsteling dorp vir die feit dat strate on-geteer is, daar min winkels is en geen straatligte nie. Die see aan die een kant en die pragtige berge aan die ander. Die beste van beide wêrelde as jy n buitelig-mens is!"

Vermont, Suidkus Walvisroete

Fynbos - Self-catering Maisonette

"Vermont is 'n pragtige kusdorpie en alles is binne bereik, soos winkelsentrums, strand en restaurante. Mooi staproetes en bergfietsroetes om te benut. Voorwaar 'n regte vakansiedorpie."

Blad
Blad 62 - Wys 1831 tot 1860
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang