Geverifieerde Resensie
Swellendam
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Swellendam bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 774 resensies.
"Baie rustige en lekker klein dorpie. Perfek vir bietjie wegkom van alledaagse dinge."
"Fantiese plek. Ons trek binnekort hierheen. Kan nie wag om ons nuwe lewens hier te begin nie!"
"As julle, soos ons, nie aan sport aktiwiteite soos bergklim, fietsry, ens deelneem nie, is daar nie veel ander dinge te doen in Swellendam nie. Die interessante winkeltjies en restaurante is 'n plus-punt en tydens ons verblyf op 'n weeksdag was daar net 'n handvol restaurante na 17:00 oop."
"Geskiedkundige, rustige en gasvrye dorpie wat hope kosplekkies en akkommodasie bied en meer as net oornag kuier verdien."
"Very friendly place, lots to see and do, very nice restaurants and coffee shops. Popped into the Spar and was personally helped by the owner even though I was just buying a couple of bits to eat, never experienced such friendly service before. "
"Wat 'n asemrowende mooi dorp! Ons was absoluut weggevoer na 'n ander era met ons besoek aan die Drostdy-museum, die Tronk, Ambagswerf en die Mayville huis. Vir 'n skamele R25 het besoekers/toeriste toegang tot al hierdie besienswaardighede. Aandete by Woodpeckers was uit die boeke (soos deur ons gasvrou, Elize voorgestel). Absoluut die besoek werd. Swellendam, ons kom weer!"
"Beautiful town with the mountains around it and found everything we needed in shops and more."
"Het net 1 en 'n halwe dag in Swellendam spandeer en was te min tyd om Swellendam as geheel te verken. Was wel by die Fairy Sanctuary, wat 'n kinderlike belewenis was, en was ook by die Bontebok Park wat 'n bietjie van teleurstelling was. Groot area met feitlik geen diere. Het in geheel 7 Bontebokke gesien en dit was dit. Natuurskoon was wel mooi en dit dwing mens om afgrond te kyk na insekte en ook vir voëllewe."
"Ongelooflike mooi dorp, ryk in geskiedenis en argitektuur. Vol lewe, maar nie gejaagd nie. Baie vriendelike mense."
"Baie mooi dorp en natuurskoon. Tuiste van langafstand fietsry geleenthede in die Wes-Kaap."
"Daar is nie veel om te doen nie. Maar die kos by restaurante is baie billik geprys en baie goeie gehalte."