Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Pragtige vissersdorpie. Heerlik om net te gaan stap waar mens wil wees sonder om heeltyd rond te ry. Ongelukkig nie veel om te doen indien daar kinders saam sou wees nie. Sterk aan te beveel vir paartjies sonder kinders. "
"Baie mooi. Ek dink julle moet op julle web sê dat Paarl tussen sekere maande die warmste plek in die land is! Dan sou ek gekyk het dat ek 'n plek het met lugreëling. Dit was 38ºC 20:30 in die aand!"
"Ongelooflik mooi, die kanna's langs die paaie! Was ietwat bekommerd oor veiligheid omrede gelees van skietery op motoriste. Bly als het toe veilig afgeloop."
"Pragtige geboue en dorpie in goeie toestand. Interessante winkeltjies en genoegsame eet- en drinkplekkies."
"Kos-mekka met 59 restaurante. Tussen berge en 'n juweel van vrede met genoeg wyn vir die hele wêreld. "
"Yzerfontein has a relaxing atmosphere and is a beautiful little town. It's situated next to a reserve so you can expect all sorts of animals to cross the road so no speeding and careful driving. While rinsing her glass at the kitchen sink my daughter spotted an ostrich strolling by ever so casually. Now that's not something you experience every day. Just a pity we didn't get our cameras out fast enough to get it on video but we were enjoying the moment too much."
"Claremont is goed geleë, met restaurante en parke en met baie toeriste-aantreklikhede binne 'n kilometer of twee. Dit lê aan die oostekant van Tafelberg en naby die berg. Daar is baie geskiedkundige plekke teen die hange, soos Groot Constantia, en interessante plekke soos Kirstenbosch. Tafelberg se staproetes is van die beste. Dit is 'n klipgooi van die Nuweland sportstadion af. Die Kenilworth Resiesbaan, die tuiste van die J&B Met, is 'n kilometer of so weg, met sy fynbosreservaat. Claremont is omtrent ewe ver van die middestad, Houtbaai, en die Valsbaai-kus se strande en hawens. In Claremont se ou, nou strate kom jy gou agter dat die inwoners die vriendelikste en hoflikste is. "
"Een van ons plekkies om te oorweeg, sou ons besluit om na baie jare weer terug te kom Kaap toe - hartsbegeerte!"