Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Dis baie mooi, jammer dis nie ’n stapstrand nie. Maar gelukkig is die ander strande wat by dit is, wel!"
"Dit was ongelukkig winter en koud, so strande was uit, maar dis sentraal en, met die hulp van ons gashere, kon ons die distrik se vele unieke bestemming besoek en geniet."
"In Somerset-Wes waar Cozy Inn geleë is, daar soggens en na 17:00 saans baie mense wat voor die deur verby stap na die stasie toe. Ek sal liefs met die motor ry as om na die inkopiesentrums te stap. "
"Paradiso Restaurant is die plek om die heerlikste pizza te kry met goeie diens. Heaven and Earth horse Trails is waar jy op 'n perd se rug die buitelug kan geniet en die asemrowende natuurskoon kan in neem."
"Lekker plek om eiendom te besit, as ek die geld gehad het, sou ek beslis daar wou bly."
"Beaufort-Wes is 'n baie besige dorp maar rondom is daar 'n paar pragtige wildsplase wat heerlik is om by te kuier. Karoo stilte op sy beste!"
"Dis 'n baie lekker plek, was baie sentraal en kon baie plekke besoek. Sal weer daar vakansie hou. Het lekker restaurante veral Flags kan definitief aanbeveel word pryse baie billik. Spar is ook 'n groot plus punt lewer goeie diens en gebak puik."
"Too little shops or malls for shopping. Also no site seeing places in the area for people without transport."