Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Een van die skoonste plekke wat ons in 'n lang tyd gesien het en die mense is baie vriendelik. George is sentraal, jy kan vanaf George die mooiste strande en plekke besoek sonder om te ver te ry."
"Mooi skoon en rustige dorpie, sal weer terug gaan. Natuurskoon mooi met staproetes om te doen. "
"'n Uitspanplek. Goeie verskeidenheid restaurante. Het the Harold Porter Tuine baie geniet."
"George kan so veel meer lewer. Museum kort hulp, vervoer vir die toeris wat nie 'n motor huur nie na Vic Baai en Wildernis bv. is 'n moet en waar is die gesellige eenman-bestuurde instansies waar mens 'n ete kan geniet om die plaaslike bevolking te help?"
"Wildernis is 'n mooi plek met 'n pragtige strand om te stap, nie te swem nie. Daar is baie lekker eetplekke en dinge om te doen vir avonturiers."
"Die weer is fantasties en dis so mooi groen! En die berge is pragtig vanaf enige plek in die dorp. Baie restaurant en oulike winkeltjies in die dorp en omgewing. "
"Heerlike vars lug en plattelandse atmosfeer naby Kaapstad met baie Afrikaanse mense."
"Tans onmoontlik om die strand te bereik as gevolg van die bouwerk. Dit verander ook die hele voorkoms en die stand kan nie meer van die straat gesien word nie. Nie aangenaam nie. "
"A trip through this beautiful area is really worth while. We also enjoyed the drive through the Bosluiskloof to the Gamkaspoort dam - just a pity it was so dry. "