Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Klein rustige dorpie. Sentraal geleë vir besoeke aan omliggende stranddorpies, walvis kyk, staproetes en die pikkewynbeskermingsoord."
"My gevoel oor Suidelike Voorstede is dat die vakansieganger moet nie op alles gaan wat gesê raak van die plekke nie, maar dit gaan ervaar vir hulself. Dit sal jou sommige keer verstom watter waarde vir geld daar weggesteek is. "
"Jy moet bereid en bekwaam wees om lang afstande te ry. Die natuurskoon is ongelooflik enige tyd van die jaar."
"Baie netjiese, skoon en veilige dorp. Baie interessante eetplekke en winkels. "
"Die kusdorpie bly 'n betowering met sy pragtige seepoele en omgewing. Stilbaai is net om die draai as jy ietsie moet koop. Moenie die mooie plekke verby ry nie."
"Pragtige, skoon, klein dorpie en ideal om by aan te doen en te oornag op pad na 'n volgende destinasie."
"Goeie eetplekke. Vriendelike gemeenskap. Bloubakkie groentewinkel 'n moet asook pragtige natuurskoon."
"Franschhoek is phenomenal. Much fun had on the wine tram and general winery visits and walks up the mountains. A must do!"
"Lekker plek! Lekker Mense! Báie lekker stappies op die strand. Moet nog baie gaan verken, so sien uit na die volgende besoek!"
"Twee aande is miskien 'n goeie idee om meer 'n gevoel te kry wat daar aangaan. Daar is wel oulike kunswinkeltjies."
"Hopefield is ‘n pragtige dorpie met baie geskiedenis en baie sentraal geleë om te gebruik as ‘n basis om die Weskus te verken. "
"Montagu is 'n pragtige dorpie en ons gaan beslis weer daar kom kuier. Ons gaan net wag vir die ergste padwerke om klaar te maak."
"Ek het daar groot geword en kon nie glo hoe baie dit uitgebrei het nie. Al die groot kettingwinkels is nou daar."
"Die hoofroete deur Knysna is baie stiller a.g.v. die waterfront en 'n mens kom dit dadelik agter versus vorige jare. Restaurante baie duur in waterfront. "
"Die Riebeeck-vallei bied baie, spandeer 'n naweek om die verskeie attraksies te besoek."
"Dit was die eerste keer wat ek in Gansbaai en omgewing kom. Het dit baie oulik gevind met 'n pragtige omgewing. Baardskeerdersbos die beste en ons sal definitief terugkom!"
"Ons het meer net oornag en was glad nie in die dorp De Rust nie. Nie werklik die onmiddellike toerisme gaan verneem nie. Volgende keer! "
"A stone's throw away from the incredible Hemel en Aarde Valley. This area is the perfect getaway for those who enjoy great wine, incredible views and delicious food!"