Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 38192 resensies.
"Dit was my eerste besoek aan Mosselbaai. Dit is rerig so mooi soos wat almal my vertel het. Die enigste negatiewe kommentaar wat ek kan gee is al die boemelaars en dwelmverslaafdes wat jou irriteer veral in die aande. Ek het gesien hoe hul buitelandse toeriste vloek en met hul baklei as hul nie vir hulle geld wil gee nie. Ek dink nie dit skep 'n positiewe indruk van Suid-Afrika in die buiteland nie."
"So naby die Kaapse Metropool. Feitlik oneindige geleenthede om die see, fauna en flora te geniet, beleef en verken."
"Puik bestemming, pragtige uitsigte en lekker kos en wyn. Verkeer in en uit Kaapstad is 'n nagmerrie met spitstye. Maak seker van die seisoen voor jy kom, altyd winderig of nat in die winter."
"Mosselbaai is prentjiemooi. Altyd 'n plesier om te besoek. Genoeg dinge om te doen, en mooi uitsigte oral."
"Worcester is a place to be especially if you want to quality time with your family."
"George is 'n warm dorpie wat naby alles is wat mens graag in vakansie sou wou sien. Met die wynplase en die aaarbeiplaas maak dit 'n onvergeetlike wegbreek."
"Paarl bly 'n uitstekende bestemming, met veelvoudige goeie restuarante en wyplasse binne 'n kort afstand."
"Very pretty, nice clean town. But I think restuarants in Hermanus were not as great as expected in terms of food quality and offering, while food was very expensive."
"Pragtige plek. Veral die strande. Kabelkarretjie, akwarium. Te veel om op te noem."
"Dit is 'n pragtige dorp. Ons het net die grotte gesien en by Karoo Pot geëet - wat 'n lieflike restaurant. Daar is nog soveel meer wat ons wou doen. Ons sal beslis weer gaan vir die volstruise en Cango Wildlife. En ons sal weer by Tokka-Tokka oorbly indien moontlik!"