Successfully reported

LekkeSlaap blog

Voel soos Karoo-royalty by De Zeekoe Guest Farm

Doer in die Klein-Karoo skuil ’n dorp met baie hart, gawe mense, interessante diere, die allermooiste natuurtonele en ’n ryk geskiedenis. Oudtshoorn is bekend vir verskeie redes en LekkeSlaap het op ’n koue wintersnaweek ’n draai in dié Karoodorp gemaak om uit te vind waaroor die bohaai gaan. Ons het omtrent soos Karoo-royalty gevoel vandat […]

Raak só van jou post-vakansiemismoed ontslae

Dis die ideale vakansie: Jy lê iewers op die strand met ’n mengeldrankie in die hand en die son bak vuurwarm op jou rug terwyl jy die ander toeriste om jou lui-lui van agter jou sonbril bekyk. Maar dan skop die realiteit in ─ die vakansie is verby en jy staan maar swaar uit jou […]

Berge, bome, rotse, strome: Stormsrivier van hoek tot kant

Net duskant die N2, op die randjie van die Tsitsikammawoud, lê ’n ou houtkappersdorpie met ’n hart van goud. As jy jou ore spits, hoor jy dalk die lang verlore grootvoete se spoke ronddwaal, en die loeries kwetter met liedere mooier as ’n nagtegaal. Ja, Stormsrivier het ’n bekoring soos min en daarom wys LekkeSlaap […]

Kuier-kuier vanaf die Kaap tot die Drakensberg: ’n Roetereis

Suid-Afrika bied soveel asemrowende natuurtonele in verskillende dele van die land dat ’n roetereis beslis op elke Suid-Afrikaner se emmerskoplysie moet wees. Van die mooie Moederstad, lowergroen Tuinroete, die Karoo se vergete vlaktes, tot die manjifieke Drakensberge ─ daar is ’n bestemming wat diep in elkeen van ons se hart sal kruip. Om jou te inspireer, […]

Waar in SA lê ’n witkombers dié winter?

Soos gesien op Maroela Media Daar is niks so skouspelagtig soos ’n vakansie-avontuur in die sneeu nie en in Suid-Afrika sal die blote gedagte van ’n vakansie in die sneeu, kinderlike opwinding bring. Ons almal het al daarvan gedroom om een oggend wakker te word en dadelik met ’n warm koppie boeretroos voor die kaggel […]

Simonstad: Ontdek SA se Griekeland

Is jy moeg vir bedrywige kusdorpe? Lus vir ’n uitstappie na ’n Suid-Afrikaanse Griekeland? Maak dan seker jy loop nie ’n betowerende vakansie in Simonstad mis nie. Simonstad is die ideale vakansiebestemming waar jy jou skoene kan uitskop en sorgeloos kan ontspan. Dié dorp lê rustig aan Valsbaai en spog met die Suid-Afrikaanse Vloot, vriendelike […]

Penguin Experience: Waggel saam met ’n pikkewyn by die Two Oceans Akwarium

Almal het ’n gunstelingdier en myne is ’n pikkewyn! Daar is iets besonders aan dié koddige verebondels wat nóg vis, nóg voël is en, soos mense, ’n klippie aan hul gekose lewensmaat gee om hul getrouheid te wys. Die Two Oceans Akwarium in Kaapstad het LekkeSlaap genooi om ’n Penguin Experience by te woon en […]

OPTOG! ’n Handjievol vrae aan Jo Black

Hierdie week reis die OPTOG!-kombi’s van Pretoria tot Vredendal en sterre soos Jo Black en Jak de Priester sluit by dié teater-troebadoer-toer aan ─ alles in die naam van vermaak! Jo Black tree op 30 Mei by die Guild-teater in Oos-Londen in die Oos-Kaap op en LekkeSlaap het aan hom ’n paar vrae gestel voor […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang