LekkeSlaap blog
Penguin Experience: Waggel saam met ’n pikkewyn by die Two Oceans Akwarium
Almal het ’n gunstelingdier en myne is ’n pikkewyn! Daar is iets besonders aan dié koddige verebondels wat nóg vis, nóg voël is en, soos mense, ’n klippie aan hul gekose lewensmaat gee om hul getrouheid te wys. Die Two Oceans Akwarium in Kaapstad het LekkeSlaap genooi om ’n Penguin Experience by te woon en […]
OPTOG! ’n Handjievol vrae aan Jo Black
Hierdie week reis die OPTOG!-kombi’s van Pretoria tot Vredendal en sterre soos Jo Black en Jak de Priester sluit by dié teater-troebadoer-toer aan ─ alles in die naam van vermaak! Jo Black tree op 30 Mei by die Guild-teater in Oos-Londen in die Oos-Kaap op en LekkeSlaap het aan hom ’n paar vrae gestel voor […]
Kinders van die wind: ’n Windpomp-wegbreeklysie
Soos gesien op Maroela Media. Die windpomp gaan soek miskien nie die wind nie, maar LekkeSlaap het vir seker die windpomp gevind! Maak jou gereed vir ’n fotovoetpad kruis en dwars oor die Karoovlaktes, want in dié blog spog ons met die sewe mooiste windpompe, elkeen uit die boeke, dwarsdeur Suid-Afrika tot in Namibië se […]
In Dorpe sonder Slotte: ’n Fietsrit vanaf Vishoek na Simonstad
“Ek bring vir jou blomme, ek gee jou genot, ek leen jou my bicycle sonder ’n slot,” sing Koos Kombuis op sy album Elke boemelaar se droom. Dié lirieke spreek van tipiese Koos-romanse en ek het lank oor dié bekende liedjie getob. Toe tref dit my: In ’n hedendaagse Suid-Afrika is die volmaakte vorm van […]
OPTOG! ’n Handjie vol vrae aan Pietman Geldenhuys en Peter Mitchell
Hierdie week reis die OPTOG!-kombi noord na Sasolburg, Kroonstad en Welkom, en sterre soos Pietman Geldenhuys en Wicus van der Merwe vermaak ons weer op die verhoog tot ons mae seer gelag is! Kombi-Nasie tree 14 Mei by die Ettiene Rossouw-teater in Sasolburg in die Vrystaat op en LekkeSlaap het aan Pietman Geldenhuys en sy […]
LekkeSlaap se 5 Veiligheidswenke vir ’n Stresvrye Vakansie
Soos gesien op Maroela Media. Of jy nou lank uitgestrek op ’n rusbank in ’n luukse hotel lê of rustig in ’n swembad op ’n plaas in die Bosveld dryf ─ dit is maar in enige Suid-Afrikaner se aard om meer as een keer aan die deurknop te draai voor jy snags kamer se kant […]
Slaan Tent Op in Namibië
Daar was nog altyd vir my iets omtrent winter en kamp. Soggens is die lug kraakvars, gisteraand se reën nog op die tent vasgeplak en ’n paar warm kole wat die nat aand oorleef het lê nou waar daar gisteraand ’n braaivleisvuur was. Dis daardie eerste koppie stomende boeretroos terwyl jy tevergeefs langs die kampvuur […]
OPTOG! ’n Handjievol vrae aan Coenie de Villiers
Min dinge is so mooi soos ’n Karoo-sonsondergang of -vlakte en Coenie de Villiers en Deon Meyer bekoor OPTOG!-gehore reg oor Suid-Afrika met pragtige musiek en stories oor die Karoo! Dié twee manne het elkeen ’n sagte plekkie vir die Karoo, en ek kan nie aan iets beter dink as om hulle unieke uitbeeldings van […]