LekkeSlaap blog
Hiér skuil Suid-Afrika se blommeprag
Soos gesien op Maroela Media. Die mooiste tyd van die jaar is hier ─ Moeder Natuur ontwaak uit haar jaarlikse sluimering en strooi oranje, geel en rooi blomblare oor veld en vallei. In Augustus en September is dié blomskildery beslis iets om te aanskou, daarom vertel LekkeSlaap graag waar jy vanjaar die vrolikste veldblomme kan […]
Hermanus: LekkeSlaap se top-wegbreekplekke vir die walvisseisoen
Oudtshoorn mag dalk Suid-Afrika se grootvoëlparadys wees, maar as dit by walviskyk kom, is Hermanus beslis die dorp om in af te saal om te kyk hoe dié seereuse jaarliks in die Atlantiese blou kom baljaar. Vanaf Junie begin die suidelike noorkappers hul verskyning aan Mosambiek se kus maak en van Augustus tot November is […]
Leer, leef en lekkerte in Swellendam
Ja, die Kaap is fraai, maar was jy al in Swellendam? Ek bedoel nou nie net as ’n vinnige stilhouplek op pad Tuinroete toe nie. Ek praat van daai behóórlike besoek wat Swellendam verdien, want genoeg tyd in dié Overbergse dorp sal jou leer hoe ’n gehaltelewe rêrig lyk. Dis juis omdat ons iets nuut […]
5 Reuse-voorwerpe vir vreemde foto’s
Reg oor die wêreld is daar eienaardige besienswaardighede te sien, soos die 20 meter hoë robot in Japan, die Groot Aartappel in Nieu-Seeland en die wêreld se grootste dinosourus in Kanada. Vreemde trekpleisters soos dít is ook in Suid-Afrika te sien en LekkeSlaap het op ’n soektog deur die land gegaan om van die vreemdste besienswaardighede […]
OPTOG! Op Jo Black se spoor
Hierdie week is LekkeSlaap op een van die OPTOG!-sterre se spoor: die man met die bekende swart baard! Jo Black en sy orkes toer wyd en syd in sy roomyskleur-kombi en dit lyk nie of dié man gou gaan stilstaan nie! Op 30 Julie skop Jo Black sy Namibië-toer af en daarom doen LekkeSlaap ’n […]
Só bly jy veilig in die sneeu
Hier in sonnige Suid-Afrika is sneeu nasionale nuus. As die hemel haar in haar mooiste wit kabaai kom neerstryk is Suid-Afrikaners dus in die versoeking om die hele gesin op die daad in die motor te boender en die pad te vat. Baie mense dink nie juis verder as dit nie, daarom het LekkeSlaap ’n […]
Verbeel jou jy’s ’n sepie-ster by dié blyplekke
Of jy nou ’n aanhanger van romanse, komedie, speurverhale of rillers is ─ by dié bekende blyplekke kan jy jou drome oor beroemdheid gaan uitleef! LekkeSlaap wys jou ’n handjievol plekke wat al op jou kassie verskyn het en waar jy jou kan verbeel jy is ’n sepie- of filmster. Kleinkaap Boutique Hotel Centurion Baie […]
Beleef swierige Stellenbosch by Coopmanhuijs Boutique Hotel and Spa
Groot, blink reëndruppels rol van akkerblare af en plof op my motor se voorruit soos ek die Eikestad op ’n vroeë herfsoggend binnery. ’n Bederfnaweek lê voor by die vyfster-boetiekhotel en spa, Coopmanhuijs, wat al nege jaar lank met goeie rede die eerste plek op TripAdvisor se ranglys beklee. Jare nadat ons as studente Stellenbosch […]