Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Kos & Kuier

Arniston: ’n Dorpie vol skatte

Ons almal wil ’n huisie by die see hê of ten minste net ’n heerlike seevakansie! As jy egter nie tussen ’n skare wil sonbaai nie, is die vreedsame Arniston in die Overberg die ideale plek. LekkeSlaap het in hierdie dorpie gaan kuier en vertel jou graag van al sy skatte, asook waar jy ’n […]

9 Oorde met Hope Gesinspret

Benodig jy ’n blaaskans maar jou beursie en die kalender laat nie ’n lang vakansie toe nie? Raak die jongspan al kriewelrig in Jan Tuisbly se karretjie? Moenie bekommer nie, LekkeSlaap het die kuur! Ons weet van nege oorde reg oor die land waar jy ’n sielsverkwikkende naweek kan deurbring met tonne pret vir die hele […]

Binnenshuise Braaiplekke vir die Bibberweer

Somer is braaityd en winter is … ook braaityd! Buiten beskutting teen onvoorsiene weersomstandighede wat braaiplanne in die wiele kan ry, het ’n binnebraai ’n paar ander pluspunte wat jy dalk nie voorheen in ag geneem het nie. Súlke braaiplekke is dikwels sommer reg langs ’n paar ander geriewe wat noodsaaklik is vir ’n gesellige […]

Bobaas-doendinge in die Baviaanskloof

Die naam Baviaanskloof, afgelei van die Nederlandse “vallei van bobbejane”, laat dié Wêrelderfenisgebied beswaarlik na ’n bestemming klink waar ek myself wil bevind. Maar tog is dié streek ook die tuiste van ongerepte natuur, nou klowe, kabbelende stroompies, steil bergpasse en groot, oop vlaktes oortrek met graslande wat van die Baviaanskloof ’n stukkie hemel op […]

10 Troeteldiervriendelike Restaurante in Durban

Selfs in die winter is sonskyndae volop aan KwaZulu-Natal se kus! Daarom is dit g’n wonder dat Durban soveel troeteldiervriendelike eetplekke het wat met lekker sitplek in die buitelug spog nie. LekkeSlaap het 10 gaan uitsnuffel om jou voor te berei op jou volgende vakansie in dié sonnige stad met Wagter aan jou sy! Afro’s […]

’n Gids tot Augrabies

Die Augrabies-omgewing het baie diep in my hart gekruip. Die geel grasvlaktes, die ongewone kokerbome, die rooi Kalahari-sand en die vriendelike mense is wraggies iets besonders. Die Augrabies-waterval is natuurlik die groot trekpleister van dié omgewing en ten spyte van die afgeleë ligging, stroom toeriste steeds elke jaar hierheen om die grootste waterval in Suid-Afrika te […]

Fantastiese Fynproewersrestaurante Vir Smulpape

Is jy ’n fynproewer van formaat? Of net iemand wat lief is vir smullekker kos in stylvolle restaurante? LekkeSlaap wys jou dié week ’n rits restaurante regoor die land waar jy kan aansit vir ’n smaak-ervaring wat jy nie sommer sal vergeet nie en waar jy óók in styl kan oornag! Dié restaurant is in […]

13 Troeteldiervriendelike Restaurante in Pretoria

Pretorianers is lief vir uiteet saam met vriende en familie ─ hondekinders inkluis! Daarom is dit g’n wonder dat daar om elke hoek en draai ’n troeteldiervriendelike eetplek in die Jakarandastad verskyn nie. LekkeSlaap het 13 gaan uitsnuffel om jou voor te berei op jou volgende vakansie in Pretoria met Wagter aan jou sy! Afro-boer, […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang