Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: KwaZulu-Natal

Die berge van Suid-Afrika: ’n foto-reis

Enige iemand wat in ’n Afrikaanssprekende huisgesin grootgeword het, sal waarskynlik Heidi van die Berge op een of ander manier kan onthou. Die temaliedjie draai dalk nog iewers in jou agterkop, of jy kan nog die oulike donkerkopdogtertjie in jou geestesoog sien huppel in haar wit frokkie langs haar ewe wit bokkie. Die storie van […]

10 SA stede wat vir hulself (by)naam gemaak het

In die weermag of in die koshuis het omtrent niemand mekaar se regte name geken nie ─ jy’s op jou van of op jou bynaam aangespreek. En as jy eers ’n bynaam het, kry jy hom nie sommer afgeskud nie. Vra maar vir Baksteen Labuschagne, Brieke van Tonder of Bakkies Botha … Nét so het […]

’n Romantiese wegbreekplek in elke provinsie …

Die winkelvensters is in rooi getooi en orals word rose en sjokolade teen afslagpryse verkoop. Jy lees reg – dis wraggies alweer Valentynstyd! Bederf jou liefie met ’n lekke romantiese wegbreek. Ons het die laaste paar beskikbare plekkies in jou provinsie opgespoor. Kliek op die foto’s en bespreek sommer nou! So … waarheen gaan jy […]

As ek moeg word vir die lewe in die stad …

As ek moeg word vir die lewe in die stad, lok my die wandelpad; in die veld pluk ek ’n wandelstaf van die naaste doringboompie af, en sing my wandellied, en sing my wandellied. So lui die Afrikaanse volksliedjie wat die meeste van ons uit ons kinderdae onthou. Die nuwe jaar is hier en alhoewel […]

’n Padstal in elke Provinsie!

Wees gerus dié vakansie (maak nie saak waarheen jy op pad is nie), want ons het van die beste en oulikste padstalle in elke provinsie namens jou gaan opspoor! Dit is Desember en die motor is klaar swaar gelaai … Die kinders trek lootjies om te sien wie in die middel moet sit, mamma rits […]

10 See-uitsigte wat jou in die vakansiebui sal kry

Raak die jaar nou ’n bietjie te lank in die tand vir jou? Voel dit vir jou asof die laaste paar weke by die werk net nie wil klaarkry nie? Rol af en kyk na pragfoto’s van ons land se gewildste somervakansieplekke. Ontvlug vir ’n oomblik! Amanzimtoti Die uitsig vanaf 608 L’Escalier Cabanas by Amanzimtoti. […]

Pak die Drakensberge te perd aan!

Hoe klink ’n vakansie in Suid-Afrika se hoogste bergreeks vir jou? Die Drakensberge strek oor meer as 1000 kilometer en dis die hoogste én grootste bergreeks in Suid-Afrika. So hoekom verken jy nie dié wonderlike stukkie van Suid-Afrika te perd nie? Op die rug van ’n perd is daar geen motorruit om jou uitsig te […]

Familie-vakansies

Hier by LekkeSlaap glo ons in familie, maar ons besef ook dat dit soms moeilik is om ’n plek met genoeg doendinge vir die hele gesin op te spoor. Ons het ’n paar lekke plekke in elke provinsie gaan soek wat spesiaal ingerig is om elkeen in jou gesin gelukkig te hou! Die fokus is juis […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang