Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: KwaZulu-Natal

9 van die beste skubaduikplekke in Suid-Afrika

Suid-Afrika staan bekend as een van die voorste wildkykbestemmings in die wêreld. Ongelukkig veroorsaak ons reputasie as ʼn Groot 5-bestemming dikwels dat van ons mooiste natuurjuwele misgekyk word. Suid-Afrika se kuslyn lê soos ʼn halssnoer tussen Kosibaai en Alexanderbaai. Maar om die kosbaarste edelgesteentes aan hierdie halssnoer te sien, het ʼn mens ʼn duikbril en paddavoete nodig. 1. Sodwanabaai, KwaZulu-Natal […]

Skuba vir beginners saam met DiveInn Cape Town

Het jy dalk nog altyd gedink skubaduik is een van daai uitdagende sportsoorte wat jy nooit sal kan baasraak nie, of iets wat nét by plekke soos die Groot Barrière-rif beoefen kan word? Dink weer! Te danke aan PADI Discover Scuba en instellings soos DiveInn Cape Town kan enige iemand leer skubaduik met behulp van opgeleide […]

Vuurwarm kerrie teen die winterkoue

In Tamil is dit kari, in Engels rym dit met hurry en volgens baie Boere móét dit by ʼn kerkbasaar saam met Tastic-rys bedien en met gemmerbier afgesluk word. Maar as ʼn mens bietjie in die verlede gaan delf of bereid is om ʼn entjie te ry, besef ʼn mens gou kerrie kom al ʼn ver pad en het meer […]

10 Troeteldiervriendelike blyplekke in KwaZulu-Natal

Is jou vierpotige vriend moeg vir die hondeherberg? Kyk hy of sy met verlangende oë na die voertuig terwyl jy inpak vir jou lang vakansiewegbreek? LekkeSlaap het besef ons kliënte het ’n dringende behoefte aan troeteldiervriendelike verblyf in elke provinsie … en raai wat? Ons weet van ’n hele paar plekke regoor die land! Vandag het […]

Hiér baljaar die walvisse!

Elke jaar tussen Julie en November besoek die reuse van die see ons pragtige kus. Honderde bultrugwalvisse en suidelike noordkapperwalvisse kom paar, kalf en baljaar langs ons kus, en as jy die regte gastehuis bespreek kan jy sommer op jou bed lê en die skouspel gadeslaan! Ek het 8 lekke plekke geïdentifiseer waar jy met […]

7 Boomhuise vir grootmense

Verbeel jou jy sit in die mik van ‘n reusboom, ʼn newel van mis omgewe jou, ʼn klammigheid slaan op uit die woud se blaartapyt en woel die aardse reuk van bas los, die swaar stilte van miljoene roerlose blare word meteens verbreek deur die gutturale roep van ʼn knysnaloerie hier by jou, en as jy jou kop draai om […]

6 Bekoorlike B&B’s in KwaZulu-Natal

KwaZulu-Natal is deesdae op almal se doenlysie. Die provinsie is ’n mengelmoes van statige winkelsentrums, aksiebelaaide avonture, myle se lywe op die strande en bekoorlike landelike gebiede wat jou maak voel of jy in ’n sprokie rondswerf. Dit bied alles: van welige, groen berge, droë grasvlaktes, die besige stadskern tot bedrywige markies in die dorpstrate. […]

10 Wilde foto’s en nog wilder feite

Diertjies, groot en klein, sterk en fyn, kom almal in Suid-Afrika voor. Ek het ’n paar van die pragtige wilde diere wat by ons lekke slaapplekke voorkom, gaan soek en ook ’n paar interessante brokkies oor dié bokkies en krokkies gekry. So pak jou verkyker, kamera, voëlkennerboek, stapskoene, sonskerm en sonhoed en gaan kyk watter […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang