Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Wes-Kaap

Uniondale: Dorp van grassnyers en spookryers

Uniondale het ’n diep waardering vir grassnyers by my aangewakker. Jy het reg gelees, nie vir spoke nie maar vir grassnyers, alhoewel Rico Claassen, toerismebeampte van dié dorpie op die N9 waar Roete 62 en die Tuinroete in ’n pragtige dans van vrugteplase en berge bymekaarkom, my en Hestè meedeel dat 99% van mense wat […]

Reis na gister: Die Albertinia Hotel en ander verhale

Klipmure wat meer as ’n eeu oud is, ’n skatkis vol staaltjies wat daaragter skuil en ’n spyskaart wat by enige toprestaurant kan kers vashou ─ dís wat jy by die Albertinia Hotel kan verwag! Die son trek al water toe ek en Schalk Albertinia binnery. Die dorpstrate is verlate so op ’n Vrydagagtermiddag en […]

Troeteldiervriendelike kampplekke in die Wes-Kaap

Een ding waarna ek baie uitsien ná die inperking is om te gaan kamp en absolute vryheid in die natuur te ervaar! Aande onder die sterrehemel met die kampvuur wat in die agtergrond knetter klink soos ’n droom, en wat is dan nou beter as om dít saam met jou hondekind te geniet? Die Wes-Kaap […]

10 romantiese wegbreke in die berge

Soos gesien op Maroela Media ’n Romantiese wegbreek in die berge omring deur vars lug en onvergeetlike natuurskoon kan wonders vir enige verhouding verrig. Waarom dan nie ’n bietjie tyd afknyp om saam met jou geliefde na die berge te ontsnap nie! LekkeSlaap het na elf afgeleë plekke in die berge reg oor die land […]

Só bly jy besig in Stilbaai

Ná vyftien jaar keer ek terug na die kusdorp waar ek as kind menige skoolvakansie saam met my gesin deurgebring het. Ek onthou nog ons tjoepry-sessies op die reusagtige Indiese Oseaan-golwe, biblioteek-besoeke en laatmiddag-uitstappies na die hawe om te kyk hoe die bote inkom ─ ons het elke bootnaam geken! Vandag vat ek en Schalk […]

8 Redes waarom jy die Breederiviervallei móét besoek

Haal jou emmerskoplysie uit ─ dis tyd om die oorvloed juwele van die Breederivervallei te verken! Dié allermooiste vallei is minder as twee uur se ry van Kaapstad af en bied sóveel prag en plesier dat jy dalk net vir altyd hier sal wil bly. Die Breederivervallei strek vanaf McGregor in die suide tot die […]

Knus in die Karoo: Ses Plaashuise vir ’n Naweekwegbreek

Soos gesien op Maroela Media. Die meeste van ons trek die oomblik wanneer iemand iets van ’n plaasnaweek noem dadelik ’n kruisie op ons kalenders. Hetsy dit die nostalgie van eenvoud, die reuk van ’n Dover-stoof in die winter of die stil, oop vlaktes is, daar is iets omtrent die plaaslewe waarna almal smag. So, […]

Só lyk vet pret in Plett

Soos gesien op Maroela Media. Dis die tweede week van die nuwe dekade en op my kalender is die woord “Plettenbergbaai” in groot letters neergepen. LekkeSlaap het ’n bietjie gaan loer waarin die gewildheid van dié kusdorp steek.  Daar is min dinge so opwindend soos die afwagting op ’n vakansie by die see, veral as […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang