Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Wes-Kaap

LekkeSlaap vind die Karoo-hemel by Wildehondekloof

Die Karoo het nou maar net sy manier om ’n mens weer mens te laat voel. Dis asof die oop vlaktes en die groot niet jou weer aan die dink sit ─ nie soos in die stad waar jou warrelwindgedagtes tussen die wolkekrabbers gaan vassteek en die getoeter en rumoer jou denke onhoorbaar demp nie. […]

LekkeSlaap se Knysna-reislys

Knysna het só baie te kus en te keur, dis nie maklik om op ’n reisplan vir dié gewilde Tuinroetedorp te besluit nie. Volg jy die loerie se spoor al langs blaarbedekte bospaadjies of keer jy na die strandmeer om jou aan die Knysnakoppe te vergaap? Waar eet jy? Wat drink jy? Waar swem jy? […]

’n Kuier in die Klein-Karoo by Berluda Farmhouse & Cottages

’n Behoorlike besoek aan die Klein-Karoo het nog altyd in my reisgeskiedenis ontbreek en toe Laura van Berluda Farmhouse & Cottages my vir ’n naweek na die hartjie van dié mooie streek nooi, het ’n byna tasbare opgewondenheid oor ’n besoek aan Oudtshoorn my moeë kantoorlyf met nuwe woema gevul.  Dis ’n snikhete Vrydagmiddag in […]

Tone in die sand by dié kindervriendelike strandrestaurante

Het jy al by ’n restaurant geëet en gedink dit proe mos nou soos vakansie? Die kombinasie van ’n heerlike maaltyd en die strand is die perfekte plek om af te skakel en die geselligheid rondom jou te geniet. Daar is niks soos vars seelug, seesand en ’n tradisionele gereg om van al die kantoorkommernisse […]

De Rust ─ Toe glad nie so rustig

Soos gesien op Maroela Media. De Rust, die “kleiner Oudtshoorn”, die dorp waardeur jy op pad Kangogrotte toe jaag, net nóg ’n klein Karoodorpie …  Wat wou! LekkeSlaap.co.za sien baie Karoodorpe ─ ons ag onsself kundiges op dié gebied ─ en De Rust is nie sommer net een van hulle nie. Dit is ook beslis nie […]

’n Spa-wegbreek in elke provinsie

Hetsy jy na ’n bederfnaweek saam met jou geliefde smag of na ’n pamperlangsessie saam met jou vriendinne uitsien ─ daar is ’n spa-wegbreek in elke provinsie nét vir jou! LekkeSlaap het by ’n paar van ons land se beste spa’s gaan inloer, sodat jy net agteroor kan sit en die bederf geniet!  Lanzerac Hotel […]

’n Naweek wink in die Witzenbergvallei

’n Mens kan verstaan waarom daar gereeld na Witzenberg as die “Vallei van Oorvloed” verwys word. Dié vallei strek oor drie streke: Tulbagh en Wolseley val onder die Boland, Ceres en Prince Alfred Hamlet vorm deel van die Warm Bokkeveld, en wanneer jy in Op-die-Berg aankom is jy al weer in die Koue Bokkeveld! Watter […]

Eg Suid-Afrikaans: 9 Disse in 9 Provinsies

Daar is baie unieke dinge waarmee Suid-Afrikaners kan spog: elf amptelike tale, unieke natuurskoon, die eerste suksesvolle hartoorplanting, Mimi Coerste, die Kreepy Krauly en nog vele meer! Maar een ding waarmee ons die meeste kan spog is beslis Suid-Afrikaanse kos! LekkeSlaap het ondersoek ingestel om uit te vind watter eetgoed uniek is tot elk van […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang