Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Wes-Kaap

Klink ’n glasie op die Klink Awards 2015-wenners!

LekkeSlaap is genooi om dié jaar se Klink Awards by te woon. Elke jaar stel hierdie toekennings jou in staat om aanlyn jou sê te sê oor die beste wynbestemmings en -ervarings in die land. Oor die afgelope 10 weke het wynliefhebbers gestem vir een, of ’n paar, van die 77 wynplase op die Klink-lys. Daar kan egter […]

Toer saam op Roete 62

Roete 62 begin wel al in die Kaap, maar dis gewoonlik so nés jy by die Hugenote Tonnel uitry dat die vakansiekoors jou tref! Roete 62 strek van Kaapstad tot in Port Elizabeth, maar ons het vir jou ʼn nuttige reisgids saamgestel van die doendinge, eet- en blyplekke in ʼn paar van die deurrydorpies op […]

Familie-vakansies

Hier by LekkeSlaap glo ons in familie, maar ons besef ook dat dit soms moeilik is om ’n plek met genoeg doendinge vir die hele gesin op te spoor. Ons het ’n paar lekke plekke in elke provinsie gaan soek wat spesiaal ingerig is om elkeen in jou gesin gelukkig te hou! Die fokus is juis […]

Paternoster wat in die hemel is

Die stories oor Paternoster se naam waai oor die eeue heen oor die wit strand en, soos dit maar met die geskiedenis gaan, kan ’n mens nie die mond wat die storie vertel, skei van die storie self nie. Vissermanne vertel verhale van Strandlopers wat elke dag by ’n seekos-buffet aangesit het met krale genaamd “Paternosters” […]

Sing saam by die Tulbagh Somerkonsertreeks 2015/2016

Is jy gereed vir die somer? Wel, Tulbagh het nét die ding vir jou! Dié skilderagtige, historiese dorpie bied van 7 November 2015 tot 5 Maart 2016, een Saterdag per maand, ’n skouspelagtige vertoning aan. Die Heuwels Fantasties, Arno Carstens, Karen Zoid, Jack Parow en Francois van Coke tree almal op, en na die tyd […]

Jou kitsgids vir die kreefseisoen

Maak vir jou ’n lekke Weskus–mixtape met Zirk Bergh, Andries Vermeulen, Worsie Visser en Rooies se liedjies en dalk ’n paar van Tolla se stories van ouds – en mik Weskus toe. Die kreefseisoen is amper hier! Daar is darem niks so lekker soos ’n sonskyndag aan die Kaapse kus, ’n gietysterpotjie op die kole en vars kreefstert […]

’n Sprokiesagtige wittebrood by Schoone Oordt Country House

Schoone Oordt Country House is langs ’n welige, skaduryke woudjie aan die oewer van die Kroonlandsrivier in Swellendam versteek. Dié droombestemming is as een van die top romantiese hotelle bestempel en die beeldskone, romantiese wittebrood-suite bevestig net weereens dié status. Die elegante hotel is in 1983 as ’n Nasionale Monument verklaar en spog met pragtuine, […]

Pure pino-plesier

Dié treffende aanhaling begroet ’n mens wanneer jy by Kanonkop Wynlandgoed se proelokaal instap. Vinnig besef ’n mens dat dit nie sommer net ’n tong-in-die-kies-stelling is nie ─ in Suid-Afrika is die wynmakers doodernstig oor hul pinotage-passie! Dit is immers Suid-Afrika se enigste inheemse variëteit en wyn wat uniek is aan ons pragtige land. Alles begin […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang