LekkeSlaap blog
Skrywer: Adean van Dyk
Duiwels van die bergpad … Bergfietsroetes in Suid-Afrika
Waarskuwing: Die lees van hierdie blog kan lei tot lang afstande op ‘n bergfietssaal in berg- en stofpaaie in die hoekies en draaitjies van Suid-Afrika. Die anatomie van ‘n bergfietsryer kan vergelyk word met iets uit ‘n wetenskapsfiksiefilm: ‘n mens-masjien-ding wat leef om te ontsnap van die moderne teerpaaie en brommasjiene wat sy natuurlike omgewing […]
Dink provinsiaal en mik noord … Noordwes!
Dit is op somersoggende wanneer die Noordwes se reuke, reuke van my kinderjare, in my neus kom sit. Die reuk van lang, droë gras wat jou kuite krap net voor dit onder jou voete kraak en die rooi grond wat jou sokkies vlek. Die blou plafon van ‘n somerhemel en die alomteenwoordige rooibruin mure van […]
As die gogga byt: kunsvlieghengel in Suid-Afrika
Soos dit hoort, word visvangstories versier met uitings van ongeloof oor hoe groot, sterk en pragtig die magiese vis was wat weggekom het – die vent! Ander stories vertel weer trots van die geveg en die uiteindelike oorwinning – ‘n mitiese verhaal van mens wat dier uitoorlê. Waarlik, ‘n visserman is ‘n avonturier wat leef vir […]
17 Plekke waar jy die Wêreld in Suid-Afrika kan vind
“Suid-Afrika is divers.” Ons het hierdie stelling al soveel keer gehoor, maar ons het nooit besef hoe waar dié stelling is voor ons op ʼn kiekie-toer gegaan het om uit te vind hoeveel plekke in Suid-Afrika die spieëlbeelde van bestemmings in ander uithoeke van die wêreld is nie. Jy sal verbaas wees! 1. Miami – Durban […]