Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Adriëtte le Roux

Perfekte Plekke om Verloof te raak

Daar word darem maar ’n groot affêre van ’n troue gemaak ─ en met goeie reg! Maar voor die bruid in die gangetjie afgesweef kan kom, lê daar eers ’n lewensbelangrike vraag en die oorhandiging van ’n koeëlronde blink dingetjie vir jou voor. ’n Verlowing is terselfdertyd ’n groot lewensstap én ’n wonderlike geleentheid om […]

Troukapelle vir jou Spesiale Dag

Die orrel begin speel. Die bruidegom snak na asem waar hy voor die kansel staan. Geliefdes draai in hulle banke om en kyk na die silhoeët van die bruid wat in die deur verskyn. Iewers pink iemand se tannie ’n traan weg. Dan begin die prosessie in die gangetjie af beweeg, gevolg deur die reuk […]

Bly by dié Boheemse Blyplekke

Word jy deur kleur geïnspireer? Laat tierlantyntjies jou oë blink? Dan moet jy beslis na LekkeSlaap se versameling boheemse blyplekke loer! Van ’n bootbed in Woodstock en ’n klein Marokko in Pretoria, tot Franse flair in Magaliesburg en ’n Karoo-pitstop wat petrol-sjiek en kothuisstyl perfek kombineer — dié blyplekke is voorwaar ’n lus vir elke […]

Halala Suid-Afrika! Kom vier ons Ryk Erfenis hiér!

“Dis ’n land van kleure en klankDis ’n land van oorvloed en dankDis ’n land waar almal na streweDis ’n land sonder horison enDis ’n land wat weet dat hy kanook ’n blyplek neerlê vir my”Carike Keuzenkamp – Dis ’n land Baie Suid-Afrikaners vier Erfenisdag om die braaivleisvuur waar klagtes en uitgerekte “ja-nees” maar so […]

15 Troukapelle so rég uit ’n sprokie

Of jy nou al van kleins af droom van ’n intieme troue, of uiteindelik ’n kans neem op die liefde (selfs vir ’n tweede keer), LekkeSlaap het ’n paar bekoorlike kapelle waar jy en jou geliefde die eed kan sweer. Mik jy vir die berge, die wingerde of die bos? Sê “ja!” in een van […]

Breek weg na ons Land se Top-Sneeubestemmings

Soos gesien op Maroela Media. Dis ysig koud van kus tot kus en oral tussenin, maar as mens in die sneeu kan baljaar maak jou ysige vingerpunte darem sin! Laat LekkeSlaap.co.za jou dan vergewis van waar ons land se top-sneeubestemmings is, hoe om op hoogte van die sneeu te bly en wat om in te […]

Rolstoelvriendelike Wegbreke

  Vergeet jou sorge by die huis, want ons wil jou ’n paar rolstoelvriendelike blyplekkies wys!   Dit is ongelukkig ’n realiteit dat die reis- en gasvryheidsbedryf selde voorsiening maak vir mense wat rolstoelvriendelike verblyf benodig. Ons besef dat die frustrasie van ontoeganklike verblyf dalk jou vakansielus mag blus, maar daar is darem net te […]

Doendinge in die Noord-Kaap

Gaan soek jou groener weivelde, jou deurgetrapte stad. Ek verkies die rus en vrede van ’n lang, plat Noord-Kaappad. As jy na stil stofstrate, sout-van-die-aarde-mense en windpomp-silhoeëtte verlang, moet jy ons land se mees onderskatte provinsie verken. LekkeSlaap het ’n paar voorstelle van doen-en-sien-dinge in dié geweste! _________________________________________ Bestudeer die sterrehemel in Sutherland Met die […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang