Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Adriëtte le Roux

Leer, leef en lekkerte in Swellendam

Ja, die Kaap is fraai, maar was jy al in Swellendam? Ek bedoel nou nie net as ’n vinnige stilhouplek op pad Tuinroete toe nie. Ek praat van daai behóórlike besoek wat Swellendam verdien, want genoeg tyd in dié Overbergse dorp sal jou leer hoe ’n gehaltelewe rêrig lyk.  Dis juis omdat ons iets nuut […]

Só bly jy veilig in die sneeu

Hier in sonnige Suid-Afrika is sneeu nasionale nuus. As die hemel haar in haar mooiste wit kabaai kom neerstryk is Suid-Afrikaners dus in die versoeking om die hele gesin op die daad in die motor te boender en die pad te vat. Baie mense dink nie juis verder as dit nie, daarom het LekkeSlaap ’n […]

Beleef swierige Stellenbosch by Coopmanhuijs Boutique Hotel and Spa

Groot, blink reëndruppels rol van akkerblare af en plof op my motor se voorruit soos ek die Eikestad op ’n vroeë herfsoggend binnery. ’n Bederfnaweek lê voor by die vyfster-boetiekhotel en spa, Coopmanhuijs, wat al nege jaar lank met goeie rede die eerste plek op TripAdvisor se ranglys beklee. Jare nadat ons as studente Stellenbosch […]

12 Redes om die Twelve Apostles Hotel and Spa te besoek

By die Twelve Apostles Hotel and Spa in die mooie Moederstad kan jy uitstekende diens, vyfster-geriewe én ’n wêreldklas uitsig te wagte wees. Maar al kyk hierdie indrukwekkende hotel oor Suid-Afrika se duurste kuslyn uit, hoef jy nie ’n bank te beroof om ook dié luukshede te ervaar nie. LekkeSlaap gee twaalf redes waarom hierdie […]

Dis ‘lekke’ in jóú Moedertaal

Vandag vier ons Internasionale Moedertaaldag, ’n dag waarop jy jou hartstaal met trots kan praat! Die meeste van ons weet hoe om ons medemens in ’n handjievol tale te groet, maar hoe sê jy vir die vreemdeling voor jou in die ry by die kassier, vir jou Uber-drywer of die ou wat vir jou ’n draairoomys maak iets […]

OPTOG! ’n Handjievol vrae vir Elvis Blue

Oor die volgende tien maande neem OPTOG! die land én die KykNet-kassie op horings. Met twee roomyskleurige kombi’s gaan dié teater-troebadoergroep Suid-Afrika deurkruis en gróót vermaak na klein dorpies bring. Ou dorpsteaters sal dan opnuut glinster en plattelanders hoef nie meer die groot stad aan te durf om die groot name te sien nie, want […]

Top-10 buitebaddens vir ’n bobaas-bederf

Soos gesien op Maroela media. Daar is ’n rede waarom die woord “lang” in pamperlang voorkom: Ná ’n lang jaar is dit tyd om jouself so ’n bietjie te bederf! Boonop het jy heel waarskynlik te veel tyd in die kantoor of voor die rekenaar deurgebring en is dit wys om jou bederfsessie na buite […]

’n Naweek in Noordhoek: Plattelandse Plesier in Kaapstad

Net 30 kilometer vanaf die bedrywige Kaapse middestad skuil Noordhoek – ’n idilliese, lowerryke kusbuurt en die rustigheid self. Hiér is die stad se gejaag en verkeer net ’n vae herinnering. Vars lug, ’n plattelandse leefstyl en ’n gesellige klein-dorpie-atmosfeer wag op jou. Stertswaai-brakke wandel doodtevrede aan hulle eienaar se sy en motoriste hou kort-kort […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang