LekkeSlaap blog
Kategorie:
Romantiese verblyf langs ’n rivier
’n Huweliksherdenking, ’n wittebrood, of gehaltetyd saam met ’n spesiale iemand ─ daar is altyd ’n goeie rede om ’n romantiese wegbreek te bespreek. En wat is beter as om met kabbelende water in die agtergrond tyd saam met jou geliefde deur te bring? LekkeSlaap.co.za het romantiese verblyf langs ’n paar riviere uitgesoek waar julle […]
10 bekoorlike boomhuisblyplekke
Kom maak jou boomhuis-droom uit jou kinderjare hiér waar! Net omdat ons nie meer kinders is nie, beteken nie ons wil ook soms net ’n bietjie tussen die boomtoppe gaan wegkruip nie. LekkeSlaap.co.za het ons gunsteling-boomhuisblyplekke reg oor die land bymekaargemaak en ’n lekke lys met die nodige inligting opgestel, sodat jy jou volgende wegbreek […]
Spreek jy hierdie plekname reg uit?
Praat jy ook sagter as jy Pniël moet sê? Suid-Afrika is ’n groot, diverse plek met ’n skynbaar ontelbare versameling dorpe, nedersettings en gehuggies, sommige met name wat maar vreemd op die tong val. Tog wil ’n mens nie jou naam met ’n plank slaan as jy met vakansie die naambordjies langs die pad lees nie. LekkeSlaap het ’n rits plekname wat ons weet Afrikaanssprekendes soms windskeef uitspreek. Spreek jy hulle reg uit? Lees ’n bietjie verder om seker te maak.
9 velddrafroetes in die Wes-Kaap
Suid-Afrika is geseën met ’n diverse natuurlike landskap met lang, ongerepte strande, digte woude, majestueuse berge, unieke plantegroei en ongelooflike rotsformasies om net ’n paar te noem! Een van die beste maniere om hierdie landskappe te verken en sommer terselfdertyd aan jou fiksheid te werk, is velddrafroetes, oftewel trail runs. Velddrafroetes het oor die afgelope […]
12 bobaas-braaiplekke reg oor die land
Elke Suid-Afrikaner sal saamstem dat daar min dinge so lekker is soos om rondom ’n knetterende vuurtjie saam met familie en vriende te kuier. Dit is nóg lekkerder as julle dit tydens ’n naweekwegbreek of vakansie kan doen! So, bederf jou en jou gesin met ’n wegbreek by een van dié pragtige plekke wat elkeen met […]
Stargazing in Sutherland: visit the white dwarves and the red giants
Is your only glimpse of the Milky Way that time your toddler hurled his vanilla shake from Milky Lane all the way to the other side of the food court? Maybe you think Sutherland is a snowy town too far, far away for a getaway. Or maybe you just haven’t had the chance to experience […]
Dis tyd om weg te breek plaas toe!
As die druk van die alledaagse lewe swaar op jou skouers rus, is daar een antwoord om jou van dié las te verlig: Dis tyd om plaas toe te gaan! Daar is darem niks soos om ’n bietjie van die stad te ontsnap en tyd op ’n plek deur te bring waar die pas van […]
Steenbokfontein ─ Storie van ’n seeplaas
By Steenbokfontein, ’n seeplaas net buite Lambertsbaai aan die Weskus, het álles ’n storie. LekkeSlaap.co.za het onlangs ’n Kaapse draai by hierdie besonderse plek gemaak om al sy vertellings te hoor en uit te vind hoe jý ook Steenbokfontein deel van jou storie kan maak.