LekkeSlaap blog
Kom hou jou ram- of henneparty hiér
Soos gesien op Maroela Media. Om strooimeisie of strooijonker te wees het baie voordele, maar die lekkerste deel is waarskynlik om die henne- of rampartytjie te reël. LekkeSlaap weet om só ’n gedoente te reël kan soms senutergend wees en daarom deel ons graag ’n lysie plekke waar die hane of die henne bymekaar kan […]
OPTOG! ‘n Handjievol vrae aan dié 3 Susters
Ja daar is drie susters, drie susters op Drie Susters. Dis lekker op Drie Susters! Dié gewilde liedjie van Pieter Koen was nog nooit méér in die kol nie! Hierdie maand reis OPTOG! na Malmesbury, Port Elizabeth, Oos-Londen en Amanzimtoti, en bekoor gehore met Lizz Meiring, Nicole Holm en Margit Meyer-Rödenbeck se nuwe verhoogstuk, 3 […]
Voel soos Karoo-royalty by De Zeekoe Guest Farm
Doer in die Klein-Karoo skuil ’n dorp met baie hart, gawe mense, interessante diere, die allermooiste natuurtonele en ’n ryk geskiedenis. Oudtshoorn is bekend vir verskeie redes en LekkeSlaap het op ’n koue wintersnaweek ’n draai in dié Karoodorp gemaak om uit te vind waaroor die bohaai gaan. Ons het omtrent soos Karoo-royalty gevoel vandat […]
Raak só van jou post-vakansiemismoed ontslae
Dis die ideale vakansie: Jy lê iewers op die strand met ’n mengeldrankie in die hand en die son bak vuurwarm op jou rug terwyl jy die ander toeriste om jou lui-lui van agter jou sonbril bekyk. Maar dan skop die realiteit in ─ die vakansie is verby en jy staan maar swaar uit jou […]
Berge, bome, rotse, strome: Stormsrivier van hoek tot kant
Net duskant die N2, op die randjie van die Tsitsikammawoud, lê ’n ou houtkappersdorpie met ’n hart van goud. As jy jou ore spits, hoor jy dalk die lang verlore grootvoete se spoke ronddwaal, en die loeries kwetter met liedere mooier as ’n nagtegaal. Ja, Stormsrivier het ’n bekoring soos min en daarom wys LekkeSlaap […]
Kuier-kuier vanaf die Kaap tot die Drakensberg: ’n Roetereis
Suid-Afrika bied soveel asemrowende natuurtonele in verskillende dele van die land dat ’n roetereis beslis op elke Suid-Afrikaner se emmerskoplysie moet wees. Van die mooie Moederstad, lowergroen Tuinroete, die Karoo se vergete vlaktes, tot die manjifieke Drakensberge ─ daar is ’n bestemming wat diep in elkeen van ons se hart sal kruip. Om jou te inspireer, […]
Waar in SA lê ’n witkombers dié winter?
Soos gesien op Maroela Media Daar is niks so skouspelagtig soos ’n vakansie-avontuur in die sneeu nie en in Suid-Afrika sal die blote gedagte van ’n vakansie in die sneeu, kinderlike opwinding bring. Ons almal het al daarvan gedroom om een oggend wakker te word en dadelik met ’n warm koppie boeretroos voor die kaggel […]
Simonstad: Ontdek SA se Griekeland
Is jy moeg vir bedrywige kusdorpe? Lus vir ’n uitstappie na ’n Suid-Afrikaanse Griekeland? Maak dan seker jy loop nie ’n betowerende vakansie in Simonstad mis nie. Simonstad is die ideale vakansiebestemming waar jy jou skoene kan uitskop en sorgeloos kan ontspan. Dié dorp lê rustig aan Valsbaai en spog met die Suid-Afrikaanse Vloot, vriendelike […]