Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 28270 resensies.
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Accommodation Unwind"Pragtige dorpie met beautiful plekkies! Die Thali Thali Game Reserve was wonderlik! Fossielpark so interessant, 'n stop die moeite werd! "
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
No17 on Mile16"Ek was werklik aangenaam verras met die dorp. Die Spar is fantasties - mens kan alles daar kry wat jy nodig het. Goeie verskeidenheid produkte - ook heerlike vars produkte en gebak. Ook die restaurant waar ons gaan eet het, was 'n totale verrassing. Lulu's by die sportklub - heerlikste kos en atmosfeer. Verder is die dorp rustig - mense loop langs die strate met hul honde - dis stil en soms is al wat jy hoor die geruis van die see. Baie naby Darling met talle aktiwiteite om te geniet. Pragtig! "
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
De Ware Jacob"Die dorpie is ideaal vir 'n wegbreek van die jaag en geraas van die stad. Wat dit lekker maak is dat daar geen winkels is, behalwe vir die kafee en restaurant, so jy voel regtig asof jy kan ontspan en jou eie ding doen. Lekker roetes om te stap langs die see met mooi strande. Sal beslis weer hierdie klein Weskus juweel besoek."
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Seemansrust, Langebaan 9-sleeper"Pragtige plek. Alles wat jy nodig het naby jou. "
Sandbaai , Ontsnap Uit Kaapstad
Grey Stone Holiday Home"Pragtige paadjie 2 blokke vanaf Gray Stone Cottage al langs die see af."
Rawsonville, Ontsnap Uit Kaapstad
La Bri Guest House"Ons was hier vir 'n troue. Was 4 km weg van die venue af, polisie is baie erg op gaste wat nie van die omgewing af kom nie. Daar is definitief 'n mark vir meer vervoermaatskappye wat gaste optel en aflaai. Maak vervoer van en na 'n bestemming opsioneel - veral as dit vir spesiale okasies is. Vir 'n "plaasdorp" is die polisie erger as in die stad self. Stuur hul bietjie stad toe, ons het hul in die stad meer nodig. Andersins sal ek more Rawsonville toe trek as ek kon."
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
De Ware Jacob"As jy in 'n mooi plek wil bly en nie omgee om naby die see te wees nie, is dit 'n lekker plek om te bly."
Citrusdal, Ontsnap Uit Kaapstad
Marcuskraal Campsite"Citrusdal is 'n klein plattelandse dorpie wat baie besig is op 'n Saterdag, maar daar heers 'n heerlike atmosfeer. Alles wat jy nodig het is daar. Hulle Spar voorsien aan alle behoeftes. Klein koffie winkeltjie waar ons heerlik gekuier het op die stoep. Lieflike omgewing."
De Kelders, Ontsnap Uit Kaapstad
Whalescape"Lovely break away from everyday hussle and bussle but limited in cafes and restaurants. Hermanus is 40 minutes' drive away. "
Stilbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Die Hawehuis"On the Rocks is die beste restaurant met groot porsies en waarde vir jou geld. Ek sal definitief weer Stilbaai besoek. "
McGregor, Ontsnap Uit Kaapstad
Cape Cottages Sunbird Aloe Cottage"Dis jammer om te sien dat instellings soos die kerk en skool momentum verloor. Dis nooit goed vir 'n gemeenskap nie. Wat natuur en omgewing aanbetref, is dit iets om te geniet."
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Bayview Apartment 303"A great place to enjoy good food, great scenery, wonderful wines and, if whales are in the bay, one of the finest sights in the world. "
Struisbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Paddatjiesrus"Dit is 'n moet om te besoek, die feit dat dit die mees suidelike punt van Afrika is met die geskiedenis rondom dit is baie interessant."
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
Almondbury Guest Farm"Ons was by Wine on the River, en dit was wonderlik."
Stilbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Botterkloof Resort"Persoonlik dink ek kan Stilbaai baie besig wees in vakansietyd. Waarskynlik beter om by Botterkloof te bly en die paar kilometers in te ry na Stilbaai."