Geverifieerde Resensie
Paternoster
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paternoster bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2296 resensies.
"Meer vermaak vir kinders en jongmense soos byvoorbeeld putt-putt-bane. "
"Paternoster is 'n wonderlike vakansiebestemming as jy hou van stilte en rustigheid. Die paar eetplekke wat ons besoek het staan vir niemand terug nie. By De Seekat het ek die heerlikste kingklip van my lewe gehad en Voorstrand se snoek-samoosas is baie lekker. Die winkeltjies bied alles wat mens nodig het en die Oumabrood en biltong by die Express was heerlik. Daar is ongelukkig 'n klein bedelaars-element teenwoordig in die dorp. Ek dink wel mens moet maar na Langebaan toe ry vir vleis. Vanaf Paternoster is daar 'n hele paar plekke in gemaklike ryafstand om op te soek, maar anders kan mens maar net op die strand bly en die skoonheid van die omgewing indrink."
"The stay would have been much more nicer if they had parks for kids. Kids are busy and they get bored easy, a park would have been a nice distraction."
"Paternoster was altyd ongekunsteld en wonderlik. Dit het in die laaste paar jaar baie gekommersaliseerd geraak en dit neem bietjie van die wonderlike daardie eense ongekunsteldheid weg. Dit bly egter ons gunsteling plek en tyd staan nie stil nie. Dis verblydend om te sien dat die bruin gemeenskap hulle staan staan deur nie hulle huise op te gee vir stadsgeld nie. Dit is jammer dat geld die plek begin oorheers. "
"Paternoster is lieflik! Ek sal enige tyd dit weer besoek. Definitief die perfekte dorpie vir 'n wegbreeknaweek. Dis net jammer dat mens so versigtig moet wees vir diefstal."
"Ek geniet Paternoster. Was net hartseer dat die lighuis toe was oor die naweek wat ons daar was."
"Lovely little town and peaceful out of season. Lovely beach walks and restaurants. Probably much more variety in season but the solitude of having few visitors there suits as just fine."
"Die kreefverkopers is 'n probleem! Wil nie "nee" as antwoord aanvaar nie en raak vieslik en aggressief as hulle nie hul sin kry nie. Kry 'n winkel of sentrale afsetpunt as kreef dan wel verkoop mag word!"
"Altyd lekker om in Paternoster te kuier. Heerlik geëet by die verskillende restaurante."
"Ek het nog altyd n sagte plekkie vir Paternoster gehad, maar moet së, daar is nou baie meer mense wat opdringerig raak en goed aan mens probeer afsmeer en regtig nie nee vir 'n antwoord wil vat nie. Die natuurskoon is egter steeds iets om na uit te sien, en ek dink daar is min plekke so mooi soos Paternoster. "
"Paternoster het 'n eie aard en karakter wat dit 'n unieke ondervinding maak en 'n mens hoop dit word so vir die toekoms behou."
"What a lovely cosy, beautiful and clean town with wonderful friendly people that are always willing to make your stay in Paternoster a pleasant and memorable one."
"Paternoster het fantastiese restaurante en kuierplekke. Die enigste probleem is die ouens wat krewe verkoop en die feit dat daar by ons bure se kar ingebreek is."